ʼn Paneel van drie regters het August E Flentje, ʼn spesiale verteenwoordiger van die assistent prokureur-generaal van die VSA namens die Trump-administrasie, ondervra. Noah G Purcell, die prokureur-generaal van Washington, is ook namens die deelstate van Washington en Minnesota ondervra.
Flentje het benadruk dat dit binne die president se mag lê om buitelanders toegang te weier op grond van nasionale veiligheidsredes. Die regters het hom gevra om bewyse voor die hof te lê dat diegene wat toegang geweier word met terreur verbind kan word.
Purcell het ook onder vrae deurgeloop oor Washington en Minnesota se weiering om aan Trump se besluit gehoor te gee. Hy het aangevoer die verbod is ongrondwetlik aangesien dit mense met ʼn spesifieke geloofsoortuiging teiken.
Die regters het uitspraak voorbehou, maar gesê hulle sal so gou moontlik reageer.
Trump se verbod verhoed reisigers van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen om vir 90 dae na Amerika te kan reis. Vir vlugtelinge is die tydperk 120 dae.
Trump se verbod het wydverspreide protesaksies oor die VSA tot gevolg gehad. ʼn Federale regter in Seattle het vroeër die maand die verbod opgeskort. Die departement van justisie het hierna geappelleer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Asof die moslems so ander mense in hulle land toelaat ….so hoekom moet Amerika almal toelaat veral as hulle bekend is vir hulle aanvalle op onskuldige mense wat niks met hulle pyne in die lewe iets tedoen wil he nie. Nee wat hou hulle maar uit want globaliseering werk duidelik nie
Trump, jy het nie dalk n broer wat die leisels hie in SA kan oorneem nie?
As ons so verbod instel, sal ons plaasmoorde met 90% daal. Dis nou as ons die mense van zim ,
en so aan uit ons land kan hou,met n verbod
Trump gaan hom nie laat afskrik nie
Ek persoonlik is glad nie oortuig dat die meerderheid plaasmoorde deur Zimbawiërs gepleeg word nie. Daar is, maar beslis nie die meerderheid nie. Dit is meestal SA burgers wat dit doen. En die rede hoekom hier so baie Zimbabwiërs is is omdat ons eie mense hulle werk gee. Ek ken persoonlik ‘n paar mense wat Zimbabwiërs in hul diens het.
dis onwaar dat net buitekanders die gruweldade pleeg. dis Suid~Afrikaners wat skielik n buitelander voorgehou word. daar is wel gevalle maar snaaks dat al wat n uitlander is, se hele familie in SA bly.