Trump teken bevel oor immigrantouers en -kinders

Pres. Donald Trump onderteken die bevel. Foto: Pablo Martinez Monsivais/AP

Pres. Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel geteken waarvolgens immigrante nie van hul kinders geskei sal word nie wanneer hulle in Amerika vasgetrek word sodra hulle die grens onwettig oorsteek.

“Ons gaan gesinne bymekaarhou en grensbeheer gaan nog net so streng toegepas word soos voorheen,” het Trump aan ondersteuners in Duluth gesê.

Trump het vroeër gesê sy administrasie het geen ander keuse gehad as om gesinne te skei op die grens nie weens wetgewing en ʼn hofbesluit.

Die bevel wat deur Trump onderteken is, beëindig egter nie die beleid van geen verdraagsaamheid waarvolgens volwassenes wat die grens onwettig oorsteek strafregtelik vervolg word nie.

Gesinne sal egter nou bymekaargehou word terwyl hulle in aanhouding is en immigrante met kinders se immigrasieverhore sal bespoedig word. Dit bied egter geen oplossing vir die sowat 2 300 kinders wat reeds van hul ouers geskei is nie. Die regering het egter beloof om kinders wat tans in aanhouding is met hul ouers te herenig.

Die Amerikaanse media is die afgelope paar dae oorheers deur beeldmateriaal van kinders wat huil wanneer hulle van hul ouers geskei word en in aanhouding geplaas word.

Trump het gesê hy hou nie daarvan om te sien dat kinders van hul ouers geskei word nie. Trump se eie gesin het glo ʼn rol gespeel in sy besluit om die uitvoerende bevel te onderteken. Die presidentsvrou, Melania, het ʼn beroep op haar man gedoen om alles in sy vermoë te doen om gesinne bymekaar te hou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liberaal ·

Die strategie is om emosie te gebruik om die amerikaanse samelewing to ontwesters en ontwit. Daar is geen kragtiger manier om die publiek te oorreed as emosie, veral om kinders te gebruik nie.

Elmarie Smit ·

Trump is die beste President vir Amerika op die oomblik. Die Demokratiese party is ‘n hindernis vir die hele Amerika

Vraagteken ·

Elmarie, ek stem 100% saam met jou. Ja, hy het dalk nie ‘n wag voor sy mond nie, maar ten minste gebeur dinge baie vinniger met hom as met ander mense.

julius ·

En daar kry Trump nog ‘n pluspunt. Waar is die anti- trupm groep nou?

Leser ·

Ek begin meer en meer van Trump hou…ek hoop maar hy is wat ons dink hy is.

Elizabeth ·

Dis vêr van emosie politiek nog minder regs of links. Dit is plein wreed en ander lande het dit onmiddelik gestop voor gister se druk.
ń Kind is gin speelbal nie.

Israel ·

Wel my siening is wat soek jy in n ander land onwettig ,maw n land het geen reg om sy mense en die land te beskerm nie, die ou het sy land op geneuk nou gaan hy na ,nander een toe om dieselfde daar te doen en hy gebruik sy kind om daar in te kom, n Hollander vertel dat by hulle werk dit so dat die vlugteling en sy familie kry maandeliks geld ,as alles mooi in plek is en sy bank is geopen dan gaan hy terug na sy land toe en sit daar en kry passiewe inkomste, en die belastingbetaler onderhou hulle, in Sa gaan dit net so die man kom van Zim af en kom hê net , Trump moet hulle gas gee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.