Twee vlieëniers dood toe vliegtuig val

Argieffoto van ‘n Su-27-vegvliegtuig

Sjina se ministerie van verdediging het gesê twee vlieëniers van die lugmag is dood toe hul Russies-vervaardigde Su-27-vegvliegtuig tydens ‘n opleidingsessie neergestort het.

Die ministerie het Maandag gesê die vliegtuig het Sondagmiddag op ‘n strand naby die stad Rongcheng in die noordelike provinsie van Shandong neergestort. Geen rede is vir die ongeluk aangebied nie en die ministerie het gesê geen skade of beserings aan inwoners in die gebied is aangemeld nie.

Sjina het in die vroeë 1990s begin om die Su-27s aan te skaf en talle van die vliegtuie is nou aan die einde van hul verwagte operasionele tydperke. Sjina het ook hul eie weergawe van die vliegtuig gebou.

Die geheimsinnige People’s Liberation Army en sy lugmag het sy opleiding die afgelope paar jaar oorgedoen om oefeninge meer realisties te maak en besonderhede oor ongelukke word selde bekendgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.