Maroela Media het vir April gekkedag besluit om ‘n paar heilige koeie van die Afrikaner te “slag” en jou huistaal en die Voortrekkermonument is dus nog heeltemal veilig!
Lees meerAlles vir Maandag 1 April 2013
Happy Sindane dood aangetref
Happy Sindane is Maandag dood aangetref in Tweefontein langs KwaMhlanga, Mpumalanga.
Sewejarige van Kemptonpark verdrink in KZN
‘n Sewejarige seun van Kemptonpark in Johannesburg het Maandag in ‘n strandmeer by Glenmore-strand, noordoos van Port Edward in KwaZulu-Natal, verdrink.
Madiba se toestand onveranderd
Voormalige president Nelson Mandela is Maandag steeds in die hospitaal met longontsteking, met geen noemenswaardige verandering in sy toestand nie.
Voortrekkermonument spog binnekort met landsvlag-baadjie
Die bekende baken van die Voortrekkermonument buite Pretoria sal vanaf Jeugdag op 16 Junie vanjaar met ‘n kleurvolle landsvlag-ontwerp spog, is op 1 April aangekondig.
Minister moet sê oor grootskaalse afleggings by Obsa
Die vakbond Solidariteit het Pravin Gordhan, minister van finansies, versoek om te bevestig of die grootskaalse afleggings by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) met sy uitdruklike goedkeuring voortgaan.
Helikopter-ongeluk: Lede se name bekendgemaak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Maandag die name van die vyf soldate wat by die Krugerwildtuin in ‘n helikopterongeluk gesterf het, bekendgemaak.
R61-brug gee mee weens reën
‘n Brug tussen Lusikisiki en Port St Johns het Sondag inmekaargestort weens swaar reënval.
Baba soek ná ma haar in taxi los
Die polisie in Kaapstad sê hulle is steeds op soek na ‘n ses maandeoue baba wat deur haar ma in ‘n minibustaxi in Philippi-Oos agtergelaat is.
Wet het binnekort sê oor jou huistaal
Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) het aangekondig dat nuwe wetgewing oor huistaalgebruik ingestel gaan word om veeltaligheid as ‘n nasionale bate te bevorder.
Foto’s: Virgin se eerste glasbodemvliegtuig
Virgin Atlantic het op 1 April aangekondig dat hulle die wêreld se eerste glasbodemvliegtuig gaan bou.
Nuuskommentaar, 1 April 2013: Zuma se herontplooiing
“Volgens alle aanduidings het die invloedryke oudstes van die ANC die Paaslangnaweek stilletjies byeengekom, en daarna in geen onduidelike terme nie die ANC se topbestuur ingelig dat Zuma onmiddellik herroep moet word…” skryf Herman Toerien.
21 dood, 62 vermis ná grondverskuiwing
Reddingswerkers het op 21 lyke afgekom ná meer as 80 mynwerkers in ‘n reuse grondverskuiwing in Tibet vasgevang is.
Twee vlieëniers dood toe vliegtuig val
Sjina se ministerie van verdediging het gesê twee vlieëniers van die lugmag is dood toe hul Russies-vervaardigde Su-27-vegvliegtuig tydens ‘n opleidingsessie neergestort het.
Madiba maak goeie vordering
Voormalige president Nelson Mandela se toestand het verbeter, maar hy sal steeds behandeling in die hospitaal bly ontvang.