Tweede ontvanger van varkhart sterf weke ná oorplanting  

Lawrence Faucette

ʼn 58-jarige Amerikaanse man met ʼn terminale hartsiekte is sowat ses weke nadat hy die tweede ontvanger van ʼn geneties-gemodifiseerde varkhart geword het, oorlede.

Lawrence Faucette het die oorplanting op 20 September ondergaan en is op 30 Oktober oorlede, het die Universiteit van Maryland se mediese sentrum, waar die oorplanting gedoen is, gesê.

Hy het nie in aanmerking gekom vir ʼn gewone hartoorplanting nie as gevolg van sy gevorderde mediese toestand. Hoewel die oorplanting aanvanklik goed gewerk het, was daar tekens van verwerping in die dae voor sy dood.

Dié jongste eksperimentele prosedure was deel van ʼn groeiende veld van navorsing wat daarop gemik is om kruisspesie-oorplantings te bevorder.

David Bennett het in Januarie 2022 die eerste persoon geword om ʼn hartoorplanting van ʼn geneties gemodifiseerde vark te ontvang. Dit is deur dieselfde mediese span gedoen. Hy is op 8 Maart 2022 dood en sy dood is toegeskryf aan ʼn menigte faktore, insluitend sy swak gesondheidstoestand voor die operasie, hoewel daar ook later gevind is dat die orgaan met ʼn virus besmet was.

Huidige pogings fokus op varke, wat vermoedelik ideale skenkers vir mense is vanweë hul orgaangrootte, hul vinnige groei en groot werpsels, en die feit dat varke reeds as ʼn voedselbron grootgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

groenboer ·

Inderdaad – met dié dinge is daar maar altyd ‘n leerkurwe. Met mens-tot-mens hartoorplantings het dit ook heelwat ondervinding vereis voor die ontvangers beduidend langer oorleef het.

Vriendelike Frikkie ·

Sukses met hierdie navorsing sal waarskynlik duisende mense ‘n tweede kans gee.

Bekkie ·

Nee wat dankie, ek soek nie hart van onrein dier nie……….eish!

Zollie ·

Daar is dinge wat in die OT aan die volk voorgehou is om te onderhou, maar wat in die NT opgehef is. Nog so iets is die eet van onrein diere.
In Markus 7:14-23 se Jesus niks wat van buite af in die mens ingaan, kan hom onrein maak nie, maar die dinge wat uit ‘n mens uitkom, dit maak hom onrein.
In Handelinge, Romeine, 1 Korintiers en nog baie ander plekke word daaroor geskryf.

Tante Toekie ·

Zollie, jammer. Gaan lees weer. Dit gaan oor eet met vuil hande, niks met rein en onrein diere te doen nie.

Olive ·

Ek dink nie daar is iets soos ‘n onrein dier nie, van mense kan dieselfde nie gese word nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Diere is gemaak om te oorleef, ongeag “rein” of “onrein.” Deur evolusie pas hulle aan by die veranderde omgewing. Indien, nie sterf hulle uit soos die dinos.

groenboer ·

Nou ja, ek dink darem nie enigiemand sal jou ooit forseer om ‘n dierorgaan te ontvang nie.

Vriendelike Frikkie ·

So as ek nou reg verstaan sluit dit pasaangeërs, kogleêre inplantings, ooglense, prosteses, skroewe, plate en ander nie-mens verwante items in? Dis nie eers ‘n ander spesie nie, dis mens gemaak.

Samuel ·

Hierdie eksperimentele oorplantings vind natuurlik plaas in oodrag van die WGO?

Vriendelike Frikkie ·

Aaa! Die groot en slegte WGO wat ons almal geforseer het om in kwarantein te gaan sodat hulle ons kan breinspoel. Die ongeveer 3 miljoen lewens wat verloor was weens Covid was net opgemaak om on bang te maak. Slegte, slegte WGO.

Goldy ·

Hopelik vorder hierdie span vinnig met hulle baanbrekerswerk. Vir n tweede poging is hul tempo van vordering baie goed.

Drika ·

Ek gee nie om hoeveel navorsing gedoen is nie…verkeerd bly verkeerd en om n dier (vark) se organe in n mens oor te plant is verkeerd

Alet ·

Ek lees almal se kommentaar en ek dink by myself. Wat sou die gewers van kommentaar doen as die skoen aan hulle voet was? Ek het fase 5 nierversaking en wag vir ‘n skenker nier om soort van normaal te kan voortgaan. Dis nie ‘n lewe om drie dae per week vir 6 ure by ‘n hospitaal te wees week in en week uit vir dialise omdat dit al manier is waarop jy kan oorleef nie. Dan moet jy ook nog ‘n 40 uur werksweek inpas sodat jy jou volle salaris kan verdien om jou medies te kan bekostig en kos op die tafel te sit. As jy in so situasie was, sou jou sienwyse dieselfde gewees het? Ek vra net.

Anonymouse ·

Alet, geen van die kommentaar wat ek hier wou lewer sou so welsprekend en insiggewend as joune wees nie. Ek kan my nie indink wat jy moet deurgaan nie, maar ek wens jou alle krag en sterkte toe. Mag daar binnekort ‘n deurbraak wees wat jou lewe makliker maak. Elke deurbraak het die potensiaal om soveel mense se lewens positief te verander, ek hoop joune kom binnekort.

Vriendelike Frikkie ·

Vergewe hulle, want hulle het nog nie die lig gesien nie. Die oogklappe is te styf vasgetrek. Ek bid en hoop van harte jy kry binnekort ‘n skenker.

Olive ·

Wat jy beleef kan nie maklik wees nie. Maar moet ook tog nie jou saak stel en dan afsluit met ‘n verskoning soos “ek vra net” of “ek se maar net” en al sulke se dinge wat ons gereeld sien. Jy weet wat ek bedoel, dit sit nie lekker nie. Baie sterkte vir jou.

vuurvliegie ·

Alet, Baie sterkte met jou pad wat jy loop. Ek hoop en glo dat daar binnekort ‘n deurbraak sal kom want wonderwerke gebeur nog elke dag om ons.

Richard ·

Wel ek dink i.p.v vark-harte of self mense-harte behoort die tegnologie op ‘n punt te kom waar ons, ons eie organe kan kweek. Dus ons eie DNA. Dit gaan beslis help met die probleem van verwerping.

Die kweek van organe sal baie beter wees.

Vriendelike Frikkie ·

Hulle het al baie vêr gevorder met die 3D druk van dinge soos beenweefsel en kraakbeen om liggaams dele te vervang. Beste van twee wêrelde wanneer jy met jou eie DNA ‘n siek orgaan kan vervang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.