Die land het reeds Burj Khalifa, die hoogste gebou ter wêreld, in Dubai. Nou word na planne gekyk om ’n “massiewe” kunsmatige berg te bou.
Die teorie is dat wind wat teen die berg aanwaai, deur die helling daarvan hoër gedruk sal word en dat vogvorming tot wolke sal lei. Die plan is dat die wolke dan uit vliegtuie met chemiese middels bestrooi word om dit te laat reën.
Op die oomblik verkry die land sy vars water hoofsaaklik van ontsoutingsprojekte. Die gemiddelde persoon in die VAE gebruik bykans twee keer soveel vars water as die wêreldgemiddeld.
Lees meer: TechInsider, Christian Science Monitor
Glad nie nodig , hul koop korrupte regerings in Afrika om, en verbou hul voedsel hier, dit terwyl die plaaslike bevolking van die honger doodgaan, en die wat gelukkig is om op die mega-plase werk te kry, word soos slawe behandel. Seker die dat die ANC die blanke boere van die land wil afkry.
Jennefer, waar kry jy dié inligting vandaan? Dis lasterlik, om die minste te sê.
En dit getuig van swak smaak.
Dan sal die Emirate net eers moet begin kyk na hulle “grend” winkelsentrums en paaie se afvoer water. Ek was daar in Dubai so 2 maande gelede, toe dit so vir een dag reën. Die Mall of Emirates het so gelek, ek kon dit nie glo nie. Die strate was so onder die water, op sommige plekke het ek gesien dat net die karre se dakke uitgesteek het!! So as hulle meer reën maak dan weet ek nie!!
Piet , kyk na die volgende “links”. Jammer, dis nie in Afrikaans nie.
http://www.grain.org/bul(…) culture-who-benefits
http://www. alternet.org/land grap in africa
http://www.national geographic.com/foodfeatures/land-grab/
Ek wil weet waarom dit nie moontlik is om te ” copy and paste” in die kommentaar gedeelte. ?
en waarom kommentaar gelewer nie direk verskyn nie . Waar is die kommentaar met die “links” sodat ek vir Piet meer inligting kan gee , en hy nie dink ek het die “lasterlike ” gedagtes uit my duim gesuig nie?
Ignoreer hom Jenefer. Hy sal nie verstaan nie.