‘n Video van die verwoesting wat gesaai is, volg onderaan die berig. Minstens 12 mense is dood en reddingswerkers is op soek na nog slagoffers en oorlewende ná tornado’s verskeie deelstate die sentrale deel van Amerika Sondag getref het.
Maroela Media het vroeër berig minstens twee mense is dood. Klik hier om meer te lees.
Owerhede het nou bevestig minstens 11 mense het in Arkansas omgekom en een persoon in Oklahoma.
Talle geboue is aan flarde geruk, huise van hul fondamente geruk en motors is omgekeer. Bome en elektrisiteitspale is ook uit die grond geruk.
Owerhede en ander instansies het onlangs weer begin om wenke te versprei oor hoe om die tornadoseisoen die beste die hoof te bied.
http://youtu.be/f0jwr1Xy1s0