‘n Egiptiese regbank het in een uitspraak 683 lede van die Moslembroederskap ter dood veroordeel. Onder die veroordeeles is die hoof van die beweging, Muhammad Badie.
Lees meerAlles vir Maandag 28 April 2014
Nog steeds geen teken van vermiste tieners
Die twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, word steeds vermis. Nog ‘n foto van die twee tieners volg onderaan die berig.
Vermiste vliegtuigwrak steeds soek
Australië se eerste minister het Maandag aangekondig dat die soekgebied na die vermiste vliegtuigwrak van Vlug MH370 uitgebrei gaan word.
Video: DA en EFF se tweede verkiesingsveldtogadvertensies
Die Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters het elk sy tweede verkiesingsveldtogadvertensie die afgelope naweek bekend gestel, ná omstredenheid oor die partye se eerste advertensies.
Video: Kaptein verlaat sinkende veerboot
Die kuswag in Suid-Korea het Maandag beeldmateriaal vrygestel van ʼn kaptein wat die sinkende veerboot verlaat en na sy veiligheid skarrel terwyl honderde passasiers steeds binne die boot vasgekeer was.
Maroela Media Top 20 28 April 2014
Ek moes jou gesoen het- Leah Dit staan in die sterre- Rinel Day Wat die hart van vol is- Pieter Koen Rum en raspberry- Jakkie…
Koshuis-dood: Student óók geskiet
Amanda Tweyi (21) wat Saterdagoggend saam met ʼn 34-jarige man dood aangetref is in ʼn koshuiskamer by Rhodes-Universiteit in die Oos-Kaap, is glo ook geskiet.
Video: Dodetal styg ná tornado’s Amerika tref
Minstens 12 mense is dood en reddingswerkers is op soek na nog slagoffers en oorlewende ná tornado’s verskeie deelstate die sentrale deel van Amerika Sondag getref het.
“SA het niks om te vier nie” – Malema
Suid-Afrika het niks om te vier wanneer mense nog in plakkershutte bly sonder water, elektrisiteit, sanitasie of behoorlike paaie nie, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Sondag gesê.
Mandela-borsbeeld onthul
ʼn Borsbeeld van oudpresident Nelson Mandela is Maandag by die parlement in Kaapstad onthul.
Nuuskommentaar: Wie het vryheid, vrede en versoening voor verkiesing gesteel?
Bykans net ‘n week voor die land weer stembus toe opruk, ontleed die een ontleder en instansie na die ander die ANC se aansprake dat die land nou ‘n veel beter plek is as twintig jaar gelede…
Mbalula inderhaas weggeneem
Fikile Mbalula, minister van sport, moes Sondag ʼn verkiesingsveldtog by Vryheidspark in Noordwes skielik verlaat toe Amcu-lede gewelddadig geraak het, het die SAUK berig.
Amcu raadpleeg lede oor aanbod
Die vakbond Amcu raadpleeg sy lede oor die platinumvervaardigers se jongste loonaanbod, het die SAUK Sondag berig.
Twee dood toe voertuig boom tref
Twee mans is Sondagaand dood en nege ander beseer toe die stasiewa, waarin hulle gery het, ʼn boom op die M3 in Claremont in die Wes-Kaap getref het.
Twee tieners sterf in Elsburg-ongeluk
Twee tieners is Sondag in ʼn ongeluk in Elsburg, Gauteng, dood. Twee ander persone het ernstige beserings opgedoen.
Video: Tornado’s tref Amerika
Twee persone is Sondag dood nadat verskeie tornado’s Little Rock, Arkansas in Amerika getref het.
Video: Ongeluk met paneelbordkamera afgeneem
ʼn Ongeluk in Durban naby Queen Nandirylaan, is met ʼn paneelbordkamera op film vasgelê.
Gedagte vir die dag: God genees gebroke mense
Psalm 147:3 – Hy troos elkeen wat hartseer is. Die seerplekke wat die lewe gee, maak Hy weer gesond. Ai, ek geniet my kleinkind baie…