Die groep, onder leiding van Paul Di Lucca, ʼn kreatiewe direkteur van die kerkhandelsmerkagentskap Lux Dei, het ʼn veldtog op die skarefinansieringswebwerf, IndieGoGo, gelaai, om $1 miljoen in te samel om die eerste McDonald’s-kerk oop te maak.
Die geld sal glo aangewend word om ʼn winkel te koop en die gebou op te rig. Die McMass-groep is op soek na ʼn kerk wat saam met hulle kan werk om die gebou in New Jersey of Philadelphia in Amerika oop te maak.
“Die tyd het aangebreek dat kerke met entrepreneurskap vermeng,” het die groep gesê. Hulle meen McDonald’s bied ʼn groot inkomste en lok baie klante
Die groep het reeds $150 van die $1 miljoen ingesamel. Daar is 50 dae oor om die res van die geld in te samel.
Klik hier om die groep se motiveringsvideo te sien en vir meer inligting.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Onaanvaarbaar. Kerk is kerk en eet is eet. Alles op hul tyd en plek.
“…maar julle is besig om van dit ‘n rowersnes te maak” (Jesus).
Die kerk meng met politiek. Hoekom nie upgrade en ekstra skyfies saam met jou gospel kry nie ?
Nee jammer maar dis ‘n bespotting , kan mense so laag daal,,
Is daar nog mense wat mc donalds eet?Ons het lankal opgehou na die storie van die “pink slime” en “traces of human meat in hulle vleis”dan wonder mense nog hoekom is daar deesdae so baie kanker gevalle. Wat gebeur as vleis in amoniak le? Wie eet nog Mc Donalds? Dis soos Robbie se. Satan- weet waar die mens se swak plek is…