Minstens 31 mense is Saterdag dood ná ʼn vulkaniese uitbarsting in Japan.
Die liggame van 31 stappers is naby Mount Ontake opgespoor.
Die polisie kan, kragtens Japannese gebruik, nog nie die sterftes bevestig voor ʼn formele ondersoek nie. Die soektog na 45 vermiste stappers is tydelik opgeskort, het die BBC berig.
Die vulkaan het Saterdagmiddag omstreeks 12:00 onverwags uitgebars en meer as 250 mense gestrand gelaat.
http://youtu.be/qSG8akE8aCQ