Video: Notre Dame-brand herdenk

Brand by die Notre Dame in April 2019. (Foto: Thibault Camus/AP)

Vandag (Donderdag) herdenk Frankryk twee jaar sedert ʼn brand byna die alombekende Notre Dame- katedraal in Parys, Frankryk, verwoes het.

Die brand het in April 2019 ongeveer agt uur lank gewoed en groot dele van die struktuur verwoes. Die kloktoring het tydens die brand meegegee en in die proses die grootste deel van die dak vernietig.

Hoewel die oorsaak van die brand steeds onbekend is, word geen vuilspel tot dusver vermoed nie.

Maroela Media het vroeër berig dat dié gebou na verwagting eers in April 2024 weer tot sy volle glorie herstel sal wees. Dit is vyf jaar nadat die brand aanvanklik uitgebreek het. Sowat $991 miljoen (ongeveer R15 miljard) is intussen deur nasionale en internasionale skenkingsveldtogte ingesamel om die restourasieproses te finansier.

Die departement van buitelandse sake in Frankryk het op Twitter die argitekte, vakmanne en werkers bedank vir hul pogings om die katedraal te restoureer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.