Video: Vrou mag nie meer wawiele doen nie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video van Dianne se gimnastieke talent volg onderaan die berig. Dianne Barker (65), ʼn voormalige rasieleier van Arizona in Amerika, mag nie meer wawiele by funksies doen nie.

Barker, ‘n aktivis vir reis sonder om van jou eie motor gebruik te maak, lewer gereeld toesprake by die Maricopa Association of Governments (MAG). Sy sluit gewoonlik haar praatjie met ʼn wawiel af om om die voordele van ʼn gesonde leefstyl te bewys. “Dis vir my lekker om ʼn wawiel te doen en dit druk my passie uit,” het Barker aan MyFoxPhoenix gesê.

MAG het egter onlangs vir haar ʼn brief geskryf en versoek dat sy nie meer wawiele by geleenthede mag doen nie, omdat sy moontlik haarself of ander kan beseer.

Barker sê sy sal nie meer wawiele by die vergaderings doen nie, maar oorweeg nou ʼn agteroorsprong.
http://youtu.be/-xE7QraEWo0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sollie ·

Die Yanks is GEK! Mens kan oor enigiets hofsake maak in daardie land en nou wil hul so belaglik wees om ‘n vrou wat D U I D E L I K gesond en fiks is verhinder om wawiele te doen! Wat volgende – mense mag nie winde laat want ander sal dit ruik???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.