Vier dood in Texas-tornado

(Foto: Twitter)

’n Kragtige tornado in die suidelike Amerikaanse deelstaat, Texas – waar inwoners reeds weens ʼn hittegolf steier – het die dood van minstens vier mense veroorsaak.

Volgens die brandweerdiens in die naburige stad Lubbock, het die dorp Matador ʼn ongekende tornado ervaar wat verwoestende wind veroorsaak het.

“Daar is vier bevestigde sterftes en tien mense wat beseer is,” het ʼn plasing op die brandweerdiens se Twitter-blad gelui.

Gegewe die hoë temperature het die stad ook ʼn afkoelsentrum vir inwoners beskikbaar gestel.

Matador, met ʼn bevolking van ongeveer 600 mense, is die grootste dorp in Motley County in die noorde van Texas.

Die Amerikaanse Nasionale Weerdiens, wat die dodetal bevestig het, het verwys na “aansienlike skade aan die westelike gedeeltes van Matador, met verskeie geboue wat erg beskadig of verwoes is”.

(Foto: Twitter)

Minstens vier tornado’s is Woensdag in Texas aangemeld. Reën en sterk wind het ook sommige stede in die deelstaat getref.

Ongeveer ʼn week gelede het ʼn soortgelyke storm die stad Perryton – ook in Noord-Texas – getref. Drie mense is dood en ongeveer ʼn honderd beseer.

Texas, sowel as die suidelike gedeeltes van die VSA, het die afgelope paar dae storms en ʼn kwaai hittegolf verduur, met temperature wat tot 40 °C bereik het.

Verskeie stede, insluitend Lubbock en Houston, het lugversorgde skuilings teen die hitte vir inwoners beskikbaar gestel.

(Foto: Twitter)

Dít het weer druk op Texas se kragnetwerk geplaas. Die Texas-netwerk word onafhanklik van die res van die land bedryf en moes die afgelope ruk ʼn uiters hoë vraag na krag, veral smiddae, hanteer.

Volgens Poweroutage.us, wat kragonderbrekings in die VSA monitor, was meer as 220 000 mense Donderdag landwyd sonder krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JvR ·

Sonder dood, sou die aarde nie kon leef. Dit is nou maar die terrarium waarin ons leef. ‘n Recycling bin.

Faraway ·

Aardbewings, ongekende hittegolf, oorstromimgs, tornados . . .
The birth pains will all happen simultaneously and with increasing intensity. . .
Take note

JvR ·

Die proses is nou in fast forward. Selfs al probeer die wat dit begin het, dit stop, kan dit nie meer gestop word nie.

JvR ·

Tornado in Texas, druk op die krag netwerk. Gas ontploffing in Parys, druk op die krag netwerk. Hierdie patroon mag dalk nog verder gaan

Johan Tredoux ·

Jip. En dan gaan die baljaar oor na n geween en kners van gums.

ES ·

Die gas ontploffing was in China… maar ek dink nie daar is ‘n patroon nie. Hierdie dinge gebeur elke dag, ons hoor net nie altyd daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.