Virginia-skietery: ‘Verdagte’ skiet homself

'n Skermskoot van Bryce Williams toe hy nog by WDBJ gewerk het.

‘n Skermskoot van Bryce Williams toe hy nog by WDBJ gewerk het.

Die man wat na bewering ʼn TV-aanbieder en kameraman tydens ʼn regstreekse uitsending in Virginia in die VSA doodgeskiet het, het homself glo geskiet.

CNN berig die verdagte, Vester Flanagan, is deur polisiebeamptes op ʼn hoofweg voorgekeer waarna hy homself geskiet het. Volgens die berig is hy in ʼn ernstige toestand hospitaal toe geneem. Flanagan het glo ook vir dieselfde nuuskanaal, WDBJ, gewerk as Alison Parker en Adam Ward, wat doodgeskiet is.

Volgens berigte het Flanagan die naam Bryce Williams gebruik toe hy by die nuuskanaal gewerk het. Hy is glo afgedank, maar die rede hiervoor is nie bekend gemaak nie.

'n Skermskoot van die inskrywings wat Williams glo kort na die skietery op Twitter gemaak het.

‘n Skermskoot van die inskrywings wat Williams glo kort na die skietery op Twitter gemaak het.

Flanagan het glo kort na die skietery ‘n video en inskrywing op Facebook en Twitter geplaas. Die rekeninge is albei kort hierna verwyder.

Alison Parker, ʼn TV-aanbieder en Adam Ward, ʼn kameraman, is omstreeks 06:45 Woensdagoggend doodgeskiet tydens ʼn regstreekse uitsending.

Tydens die onderhoud is skote en gille skielik gehoor waarna die kamera op die grond geval het. Volgens WDBJ7 was Ward 27 jaar oud terwyl Parker pas 24 geword het. Parker was besig om ʼn onderhoud te voer met Vicki Gardner, ʼn direkteur by die plaaslike sakekamer, oor toerisme in die area toe die aanval plaasgevind het. Gardner is in die rug geskiet en is in die hospitaal opgeneem.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Blyk weereens n ras gedrewe aanval op twee onskuldige jong mense te wees. Al afleiding wat ek kan maak uit die berig.

Willie Brits ·

Hi Winston
Elders word berig dat die skieter afgedank is deur die slagoffers se toedoen en dat hierdie aanval uit weerwraak gepleeg is. Daar is geen sprake dat dit ‘n rassevoorval was nie.

Lynette ·

Weerwraak omdat hy afgedank is deur toedoen van wittes. Defnitief speel ras n rol.

Joe64 ·

Gelukig kan Swartes nie rassisties wees nie. of die sou as rassisties geklassifiseer kon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.