Vlug gekanselleer oor kleuter glo nie masker dra

Argieffoto (Foto: Nick Zigic/Pixabay)

Die Kanadese lugredery WestJet het Dinsdag ’n vlug van Calgary na Toronto gekanselleer nadat ’n gesin na bewering nie gehoor wou gee aan die reël dat alle kinders bo die ouderdom van twee jaar oud ’n masker op die vlug moet dra nie. Die gesin se reisvoorregte is intussen ook opgehef, berig Calgary Herald.

Die gesin ontken egter dat hul driejarige dogtertjie nie ’n masker gedra het nie en voer aan dat dit hul 18 maande oue peuter was wat nie ’n masker gedra het nie hoewel sy nie gedwing kan word nie aangesien sy jonger as twee jaar oud is.

BBC berig dat Safwan Choudhry volhou dat hy, sy vrou en hul oudste almal maskers gedra het. Dié kind het egter haar masker afgehaal om ’n peuselhappie op die vliegtuig te eet voordat die vliegtuig opgestyg het waarna ’n lugwaardin die gesin versoek het dat albei hul kinders ’n masker moet dra.

Volgens Choudhry het hy gevra of die kind net eers kan klaar eet waarop die lugwaardin geantwoord het dat hul beleid dit nie toelaat nie. Hy het na bewering toe dadelik ingestem om die kind se masker terug op haar gesig te sit.

Hy vertel dat sy oudste ná ’n gekerm die masker aangesit het hoewel sy jongste niks wou weet van ’n masker nie en aanhoudend gehuil en eindelik opgegooi het.

Volgens Choudhry was die lugredery aggressief teenoor sy gesin en is hulle later aangesê om die vliegtuig te verlaat omdat sy jongste dogter nie ’n masker wou dra nie.

Die lugredery hou egter nou vol dat dit die oudste kind was wat geweier het om ’n masker te dra.

“Ons bemanning het die volwassenes in kennis gestel van die regulasies wat ons moet volg nadat hulle versuim het om ’n masker op hul ouer kind, wat ouer as twee is, te plaas.”

Die lugredery het verder gesê die gesin het aanvanklik geweier om die vliegtuig te verlaat waarna die polisie ontbied is. ’n Polisiebeampte het later bevestig dat die oudste kind by sy aankoms op die vliegtuig wel ’n masker gedra het.

WestJet het gesê sy bemanning het as gevolg van die situasie ongemaklik gevoel om voort te gaan met die vlug waarna die vlug gekanselleer en vir die volgende dag herskeduleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sandra ·

‘n Totale oorreaksie van die bemanning. Hoekom het hulle ongemaklik begin raak? Kan dit wees omdat die gesin Indies is? Ek neem so aan, want hulle van is Chowdry. Ek dink dis ‘n skande dat hulle die kinders so moes ontstel. Kinders verstaan nie die situasie nie. Hulle kon dit meer taktvol hanteer het. Covid 19 sirkus? Beslis

Fritz ·

Solank as wat die moderne samelewing grotendeels uit sneeuvlokkies bestaan.

Anoniem ·

Ek sou sulke optrede van ‘n plaaslike lugredery verwag, maar Kanada! Ai tog, dit is pure lawigheid.

Johnny ·

Wat praat jy? Die Kanadese is heeltemal oordrewe polities-korrek. Dis nou die één land waar jy sulke goed juis kan verwag.

Tanniepetoors ·

Duidelik het die lugwaardin en die res van die “bemanning” (ek begin nou oorsensitief raak oor sulke veralgemenings) nie tweejariges nie. Goeiste, hoe forseer jy n tweejarige kind om n masker oor sy of haar mond en neus te dra terwyl.dit oor en oor bewys is dat kinders lig daarvan afkom met die “bangmaak” virus. Ja, ek weet hulle kan sogenaamde “draers” wees. Lugredery se optrede steeds verregaande en onaanvaarbaar

Marlene ·

Is sommer nonsens dat sulke kleintjies maskers moet dra. Dis nie gesond nie.

agnes ·

En dit alles oor n masker wat in elk geval geen virus teenhou nie omdat n virus baie kleiner as n kiem is en deur n masker kan gaan. Belaglik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.