Voormalige Franse president Jacques Chirac oorlede

Voormalige Franse president Jacques Chirac (11 Maart 2007) (Foto: Philippe Wojazer, pool via AP, File)

Die voormalige Franse president Jacques Chirac is Donderdag in die ouderdom van 86 oorlede.

Hy was 12 jaar lank (1995 – 2007) die president van Frankryk en byna twee dekades die burgemeester van Parys.

Sy afsterwe is in Frankryk se Nasionale Vergadering aangekondig en lede het ʼn minuut lank stilte gehou. Die Eiffeltoring in Parys sal Donderdagaand in donkerte gehul wees tot sy nagedagtenis.

Chirac is “vreedsaam, tussen sy geliefdes oorlede”, het sy skoonseun Frederic Salat-Baroux aan die Associated Press gesê. Hy het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie, maar Chirac sukkel al sedert 2007 met sy gesondheid.

Polisiebeamptes het versperrings om sy huis in Parys aangebring waar burgers en politici saamgedrom het.

Chirac word oorleef deur sy vrou en dogter Claude. Sy dogter Laurence is in 2016 ná ʼn lang siekbed oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.