Vrou sal twee keer geboorte gee – aan dieselfde baba

ʼn Ma van Florida in Amerika sal twee keer geboorte gee aan dieselfde baba. Dít nadat dokters haar babaseun onlangs per keisersnee uitgehaal het om ʼn spinale defek reg te stel, en die baba toe weer teruggesit het om later (weer) gebore te word.

Jaiden Ashlea, ʼn mode-en-skoonheidskenner, was 19 weke swanger toe haar ongebore kind met spina bifida gediagnoseer is. Sy en haar verloofde is aanvanklik meegedeel dokters kan niks vir hul seun doen nie. Hulle het egter ʼn tweede mening gekry en ʼn mediese span in Orlando, wat spesialiseer in operasies op fetusse voor geboorte, genader om op hul kind te opereer.

Die mediese span het Jaiden die afgelope week geopereer en die baba uitgehaal, die defek aan sy neurale buis in die rugstring herstel, en hom weer teruggeplaas om nog 11 weke in die baarmoeder deur te bring.

In ʼn video wat die 23-jarige sosialemedia-vlinder op TikTok gedeel het, vertel sy vanuit haar hospitaalbed hoe die prosedure gewerk het. Volgens die inskrywing het dokters die vrugwater met ʼn soutoplossing vervang. “Ek kan dalk vroeër begin kraam of sametrekkings kry, so dokters sal my die volgende twee weke baie fyn dophou,” lui die inskrywing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kensy ·

Merkwaardig! Ek bid dat die hele proses baie suksesvol sal wees en dat daardie babatjie perdfris gebore sal word.

KatjieDeKat ·

Wonderlik wat die mediese wetenskap kan doen! Baie bly vir die babatjie, hoop hy het n normale gesonde lewe.

Misky ·

Absoluut merkwaardig en vandag se tegnologie is verbysterend. Wys net hoe belangrik kan ‘n tweede opinie wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.