Vyf sterf toe militêre tuig neerstort

’n MV-22 Osprey soortgelyk aan die een wat Woensdag neergestort het. (Foto: Jonathan Nackstrand / AFP)

Vyf Amerikaanse vlootsoldate is dood nadat ’n militêre vliegtuig Woensdag in die suide van Kalifornië neergestort het.

Die MV-22B Osprey het tydens opleiding naby Glamis, sowat 35 km van die Mexikaanse grens, geval. Die Amerikaanse weermag het intussen aangedui dat hulle die oorsaak van die voorval ondersoek.

“Ons treur oor die verlies van ons vlootsoldate in hierdie tragiese ongeluk. Ons harte gaan uit na hul gesinne en vriende wat dié tragedie nou moet verwerk,” het genl.maj. Bradford J. Gering van die Third Marine Air Wing gesê.

Die weermag het sosialemediagerugte verwerp dat die vliegtuig radioaktiewe materiaal vervoer het.

Die Osprey is ’n sogenaamde “vertikale opstyg- en landingstuig” met roterende vlerke wat opwaarts gerig kan word om dit die beweegbaarheid van ’n helikopter te gee, of vorentoe om dit die reikafstand van ’n vliegtuig te gee. Die vliegtuig was van die Marine Corps Camp Pendleton-basis  afkomstig.

Die Amerikaanse weermag het al ’n aantal ongelukke met Osprey-vliegtuie ondervind, onder andere ’n ongeluk in Noorweë in Maart vanjaar waarin vier vlootsoldate dood is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henri ·

“Die weermag het sosialemediagerugte verwerp dat die vliegtuig radioaktiewe materiaal vervoer het.”

Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie.

Swerwer ·

As hul dan vroeër al ’n aantal ongelukke met Osprey-vliegtuie ondervind het, waarom dan nie oorgaan na ‘n andertipe as om jou eie mense se lewens in gevaar te stel. Iets maak nie sin nie. Daar moes mos al navorsing gedoen gewees het om te sien wat die oorsake van die ongelukke is.

Miena ·

Joe Biden en sy makkers het bietjie veldwerk om te doen lyk dit my om gerugte in die kiem te smoor en te laat verbygaan.

jeff ·

Dis die militere dus sal ons nooit ooit die waarheid he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.