ʼn Patek Philipe-horlosie is vir $31 miljoen (of sowat R463 miljoen) op ʼn veiling in Switserland verkoop.
CNBC berig die horlosie is enig in sy soort en die duurste polshorlosie wat ooit opgeveil is. Die vorige rekord was ʼn Rolex Daytona wat deur Paul Newman besit is en in 2017 vir $17,7 miljoen verkoop is.
Die Patek Philipe-horlosie is op die Only Watch-veiling in Geneva ten bate van liefdadigheid verkoop. Talle horlosiemakers het unieke horlosies vir die veiling geskenk.
The Guardian berig die Patek Philippe Grandmaster Chime-horlosie is die enigste in sy soort wat in vlekvrye staal vervaardig is.
Dit het talle funksies, onder andere vyf verskillende kloklui-modusse, waarvan twee ʼn gepatenteerde wêreld eerste is, naamlik ʼn akoestiese alarm en ʼn datumherhaler.
Die mees unieke eienskap van die horlosie is egter die twee wyserplate – die een salmkleurig en die ander swart – wat omgeswaai kan word.
Die horlosie word beskryf as een van die ingewikkeldste tydinstrumente wat ooit vervaardig is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Tyd is geld, en ook geldmors.
Nee wat dit gaan net oor “bragging rights” onder die super rykes. Daar is geen manier wat enige horlosie daai tipe geld kan werd wees nie, maak nie saak waarvan dit gemaak is of hoe uniek dit is nie.
12 uur is 12 uur, met n horlosie, sonder n horlosie, met die goedkoopste of met die duurste horlosie…
Willie … ek stem volkome saam met jou! Dis eintlik belaglik… !! Jy gaan defnitief nie ‘n uur, week of jaar verder voor wees as enige iemand anders nie!
Ag wat ek het n horlosie n paar duisend Rand ,werk net so goed die ure werk ook