Wêreld se grootste vuurpyl ontplof kort ná lansering

Starship ontplof kort ná lansering. (Foto: Patrick T. Fallon / AFP)

Die kragtigste vuurpyl wat nóg gebou is om ruimtevaarders na die maan en Mars te stuur, het tydens die eerste toetsvlug ontplof.

Die reusagtige vuurpyl genaamd Starship is uiteindelik Donderdagmiddag van SpaceX se platform in die Amerikaanse deelstaat Texas gelanseer, net om minute later oor die Golf van Mexiko te ontplof.

Starship was veronderstel om drie minute ná lansering van ʼn sogenaamde versterker-vuurpyl te skei. Dit het egter nie gebeur nie en die ruimtetuig het ontplof.

SpaceX sê al het die ruimtetuig nie sy eerste toetsvlug voltooi nie, was dit nietemin ’n sukses.

“Asof die toetsvlug nie opwindend genoeg was nie, het Starship ’n vinnige ongeskeduleerde [probleem] voor die skeiding ervaar,” het SpaceX kort ná die ontploffing getwiet.

“Met ’n toets soos hierdie kom sukses uit wat ons leer, en vandag se toets sal ons help om Starship se betroubaarheid te verbeter, aangesien SpaceX poog om die lewe multi-planetêr te maak.”

Elon Musk, stigter van SpaceX, het voor die lansering reeds gewaarsku dat tegniese probleme die toetsvlug waarskynlik gaan kniehalter en probeer om die publiek se verwagtinge te beheer.

“Dit is ’n baie riskante vlug. Dit is die eerste lansering van ’n baie ingewikkelde, reusagtige vuurpyl. Daar is ’n miljoen maniere waarop hierdie vuurpyl kan misluk,” het Musk vooraf gewaarsku.

Musk het ook vroeër gesê dat indien Starship ver genoeg van die lanseerplatform kan kom voordat iets skeefloop, hy dit waarskynlik as ʼn sukses sal beskou. “Dit moet net nie die lanseerplatform opblaas nie,” was Musk se woorde Sondag.

Maroela Media het vroeër berig die lansering sou aanvanklik Maandag plaasgevind het. SpaceX het egter op die nippertjie besluit om die lansering van Starship uit te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

groenboer ·

Met ruimtevaart is daar maar altyd ‘n leerkurwe, wat gewoonlik ‘n paar ontploffings insluit…

Nettie ·

Ons het dit “live” gekyk. Dit was baie leersaam en opwindend vir my 10-jarige veral.

Jaco ·

As elon musk in SA aangebly het, sou sy planne om elke hoek en draai gekeer gewees het omdat hy die “verkeerde” velkleur het. Ek wens ek kon wegkom uit dié simpel anti-wit SA.

Jean ·

Sy planne word dan nou juis gekeer om sy internet na SA te bring.

Barney ·

Nou hou op kerm en gaan. As jy nie kan gaan nie help werk aan ‘n oplossing. Hierdie konstante negatiwiteit trek almal rondom jou af en los niks op nie

JvR ·

Pleks hy het die planne gaan kry van die apollo vlug 1969. O ja sorry. Hulle is weg

JD ·

Jip, tegnologie is “verlore”
Wat n grap,
Ek dink wel Musk doen goed met SpaceX, maar multiplanetêre lewe is n pypdroom.

Lurock ·

En dan word hy aanbande gelê om tegnologie vir Suid Afrikaners makliker toeganklik te maak. Ja daar moet eers geld onder die tafel deur gewissel word.

Jean ·

Die regering doen eintlik nou al dinge bo die tafel, Elon moet eers 30% vir die ANC gee voordat hy sy internet hier mag verkoop.

Miskruier ·

Tonne geld geblaas… miljoene wat van honger vergaan…die mens se ydelheid.

Richard ·

Die mensdom kan nie stagneer agv daarvan. Daar sal altyd hongerte en armoede wees.

George ·

Hoeveel gee jy per dag aan die hongeres? Hoeveel van jou salaris staan jy af aan jou medemens? Gaan kyk bietjie hoeveel duisendes sy maatskappye voed. Net omdat hy geld het, beteken nie hy moet net gee gee gee nie. Dis van net kry, dat Afrika sit waar hy sit.

TruthDealer ·

Elon Musk is nie verantwoordelik vir daai miljoene mense se bestaan nie. Moenie kinders kry as jy voor jou siel weet jy sal hulle nie kan voer nie.

QueenB ·

Hoop dit gebeur aanmekaar hier is so baie wat gedoen moet word om ons wereld te red maar geld word gemors om ander planete te gaan opsoek nee man gebruik dai geld vir dinge wat op die aarde waar jy woon te red

George ·

Hoe red jy die aarde? Gaan verdien miljoene dan kyk ons hoeveel jy weg gee.

Boeretroos ·

En dit is nou net die geval van , as daar werklik mense op die maan geland het , met 1969 tegnologie , en kyk hoe groot was daai vuurpyl, en hierdie een het 33 vuurpyle gehad , iets maak nie sin nie . en ek vra nog steeds myself dieselfde vraag , hoekom was daar nog nooit iemand op die maan in 54 jaar nie , en nou wil hulle dit weer probeer . wonder net hoe het hulle dit daai tyd “reg gekry”

George ·

Hierdie is glad nie dieselfde konsep nie, die is nie om maan toe te gaan nie, die is self landendevuurpyle. Die tegnologie net om met vuurpyl op te styg is daar, en word suksesvol gedoen. Die is n ander dier. 2 verskillende konsepte.

KAIROS ·

Kan ons nie hierdie geld op beter plekke bestee nie. Dalk eerder natuur beskerming en oseaan skoonmaak ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.