In die jongste voorval het die voorsitter van die Europese Kommissie, Jean-Claude Juncker, woedend gepraat oor wat hy beskryf as die leuens wat die Griekse premier, Alexis Tsipras, aan sy parlement vertel.
Junker het rede om kwaad te wees. Hy was so gemoedelik met Tsipras tydens die onlangse onderhandelinge dat die media daaroor berig het. Nou het Tsipras aan die Griekse parlement vertel dat Junker van die Griekse regering verwag om BTW op medisyne en elektrisiteit te verhoog. Junker het in reaksie gesê Tsipras weet hy is daarteen gekant omdat dit die armes sal benadeel.
“Ek gee nie om vir die Griekse regering nie. Ek gee wel om vir die Griekse nasie, veral die armes,” het Junker laat blyk.
In plaas daarvan dat Griekeland sy geldsake reggeruk het sedert hulppakette aangebied is, het die situasie eerder vererger. Die staatskas is weer dolleeg en daar word nou kop gekrap oor hoe om die einde van die maand sy groot staatsdiens se salarisse te betaal en om pensioene te betaal.
Intussen maak bekommerde Europeërs somme oor hoeveel dit hulle sal kos as Griekeland sou versuim om te begin om sy skuld terug te betaal. Sou Griekeland geen terugbetaling doen nie, sal dit elke Belg 609 euro’s uit die sak jaag. Dit sluit nie die geld in wat Griekeland via die Europese Sentrale Bank geleen het en waarin België ook ʼn aandeelhouer is nie. Ook die lening via die IMF is nie verreken nie. België se aandeel in die Griekse hulppakket van ’n totaal van 195 miljard (108 % van die Griekse BNP) is maar sowat 3,5 %.
Intussen het ’n Duitse peiling aangedui dat die meerderheid Duitsers (58%) wil hê die Grieke moet uit die Eurosone tree, ’n stap wat as Grexit bekend staan. Altesaam 49% meen dat so ’n uittrede in ieder geval onafwendbaar sal wees.
Veral Noord-Europese lande meen die Grieke, wat berug is vir lae produktiwiteit, ’n luilekker lewe wil lei op die sweet van hul noordelike bure.
Bronne: Verskeie berigte van De Standaard
Lae produktiwiteit en luilekkerlewe. Dit klink bekend.
Geen goeie daad sal ooit ongestraf gaan nie…
Klink bekend, dit kon RSA wees
Die kanse is goed dat dit Suid Afrika gaan word.
Dit is eendag SA hierdie. As mens na die politiese kommentators luister is dit nie lank voor die ANC aan die IMF se deur gaan klop nie. Dieselfde storie gaan hier afspeel.
Haha wyer om te betaal,glo nie hulle sal julle bom daaroor nie.