Raphael Langumier, ʼn professionele vlieënier van Kanada, se vierjarige dogtertjie Léa het al ʼn paar keer saam met hom gaan vlieg, maar dit is die eerste keer wat hy toertjies saam met haar uitvoer.
Lees meerAlles vir Vrydag 19 Junie 2015
Noord-Kaap-raadslid in Noordwes doodgeskiet
Tueloetsi Thipo (40), raadslid vir die Joe Morolong- plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap, is op die N14 tussen Vryburg en Kuruman doodgeskiet.
De Lille se naam óók in bedrogspul gebruik
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se naam word glo ook valslik in ʼn e-pos en Facebook-profiel gebruik waarin poste adverteer word.
Regering, Zuma staan nie Telkom-afleggings teen nie, sê Solidariteit
Die regering, insluitend president Jacob Zuma, is volgens Telkom lankal daarvan bewus dat die maatskappy moontlik sowat 7 800 werknemers in die pad wil steek. Die regering het boonop nie dié planne teengestaan nie.
Hewitt misluk in aansoek om verlof tot appèl
Die voormalige tennisster en veroordeelde verkragter Bob Hewitt se aansoek om verlof tot appèl het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof misluk, maar hy gaan glo nie ophou om sy skuldigbevinding teen te staan nie.
ToekomsVenster: Die kerk as rolmodel
Mag die kerk weer ‘n nuwe era van positiewe beïnvloeding inlei. Mag ons ons skole, sosiale netwerke, werksplekke, politiek en ekonomie verlig!
Vermiste jong man dood gevind
Steven Roux (25), ʼn inwoner van Brakpan in Gauteng wat die laaste keer in Mpumalanga gesien is, is dood gevind.
Inkopiesentrum-kleuter: Ma tans vry, maar kind nie by haar
Die ma van tweejarige blondekopseuntjie wat verlede Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, het vandeesweek in die hof verskyn.
Panayiotou, medebeskuldigdes in hof vir moord op Jayde
Christopher Panayiotou, wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy vrou, Jayde, gereël het, het Vrydag saam met sy twee medebeskuldigdes in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Aspirant-model in hospitaal ná bakkie haar tref
ʼn Tiener se droom om ʼn model te word lê dalk aan skerwe nadat sy Woensdagmiddag ná skool op pad na haar ma se werkplek deur ʼn bakkie raakgery is en erge beserings aan haar gesig opgedoen het.
Die regte dosis oefening vir ‘n langer lewe
Ons weet lankal dat oefening verskeie gesondheidsvoordele inhou. Anders as medikasie, kom oefening nie saam met ‘n voubiljet wat die presiese dosis aandui nie.
Video: Mense is nog inherent goed, wys eksperiment
Ons vertroue in die mens en dat hy inherent goed is, word elke dag getoets. Mens wonder soms of daar nog hoop is vir die samelewing. ʼn Sosiale eksperiment in Los Angeles, Amerika, het bewys dat daar wel nog hoop is. Nog baie.
Regsverydeling en anargisme van die Suid-Afrikaanse staatsowerheid
Prof. Johan van der Vyver werp lig op die Suid-Afrikaanse regering se versuim om die Soedannese president, Omar al-Basjir, in hegtenis te neem.
Word Griekse geldkrisis ’n Griekse tragedie?
Terwyl 30 Junie onheilspellend nader kom wanneer Griekeland byna 1,6 miljard euro’s aan die IMF moet terugbetaal, word die Griekse regering daarvan beskuldig dat dit onderhandelinge oor die terugbetaling en selfs verdere lenings, met hul hardkoppigheid tot stilstand laat knars het.
Redakteursbrief: ‘Ouboet, hier gedra jy vir jou’
Buiten al die saam kopkrap en dink oor moontlike oplossings by die haatspraakwerkswinkel, was dit vir ons as Maroela ʼn goeie oefening om ʼn bietjie te gaan sit en mooi te dink oor die redes waarom ons soms jou kommentaar verwyder, en soms nie. Want die verskil tussen ʼn toegelate kommentaar en een wat verwyder is, is soms bitter klein, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief aan jou.
Een van twee verstekelinge op vlug van Jhb na Londen val na sy dood
ʼn Verstekeling is dood nadat hy glo uit ʼn vliegtuig, wat van Suid-Afrika na Londen gevlieg het, geval het en op ʼn winkeldak te lande gekom het.
Gedig: agter die lessenaar
Marlise Joubert se treffende gedig, spesiaal vir Vadersdag, “agter die lessenaar”.
Laersdrif-plaasaanval: ‘Hulle het my ouers gemerk’
Yda Ruthven (65) sal moontlik nie weer haar regterhand kan gebruik nie, nadat sy en haar man op hul plaas in Laersdrif in Limpopo aangeval is en sy in die arm geskiet is.
Werkers, klante by vulstasie aangehou
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn groep gewapende verdagtes werkers en klante by ʼn Shell-vulstasie in Bosbokrand in Mpumulanga aangehou en die vulstasie beroof het.
150 SABC-werknemers aangekla van bedrog
Minstens 150 werknemers van die SABC word dissiplinêr aangekla vir bedrog, het die openbare uitsaaier Vrydag bekend gemaak.