Zim se regerende party nou nog sterker

Pres. Emmerson Mnangagwa (Foto: Jekesai NJIKIZANA/AFP)

Zimbabwe se regerende ZANU-PF-party het nou ’n tweederdemeerderheid in die parlement. Dít beteken dat die party dié land se grondwet kan wysig en pres. Emmerson Mnangagwa se beheer verleng.

Die party het skoonskip met stemme in die parlementêre tussenverkiesing gemaak wat Saterdag in die land gehou is, en het die meerderheid stemme in al ses kiesafdelings gewen.

Ses parlementslede van die opposisieparty is boonop afgedank nadat ’n politieke foefie deur dié party as bedrog veroordeel is.

Rodney Kiwa, voorsitter van die Zimbabwiese Verkiesingskommissie, het aan AFP gesê die verkiesings het goed verloop.

Dit was die tweede keer dat Zimbabwe parlementêre tussenverkiesings gehou het sedert die begin van ’n politieke krisis wat die opposisie in die wiele gery het en dalk nou die 81-jarige Mnangagwa se beheer bevestig.

Ontleders en opposisie-aktiviste waarsku dat ZANU-PF nou sy supermeerderheid – van 190 setels uit die totaal van 280 én twee vakante setels – kan gebruik om ’n tweetermynperk op die presidentskap te verwyder en Mnangagwa toe te laat om weer te staan.

Twee setels in die parlement is vakant nadat ’n selfverklaarde tussentydse sekretaris-generaal van die opposisie, Citizens Coalition for Change (CCC), Sengezo Tshabangu, die herroeping van ses van die party se LP’s georkestreer het.

Opposisie-ondersteuners het dié skuif aangeval en volgehou dat Tshabangu ’n ZANU-PF-strooipop is, wat op die party afgedwing is bloot om dit te ontwrig en ’n regerende partymeerderheid te vestig om Mnangagwa se bewind te verseker.

“Die regerende party het gewys dat niks sy strewe vir ’n eenpartystaat en ’n almagtige president sal stuit nie,” het Obert Masaraure, woordvoerder van die burgerlike groep, Crisis in Zimbabwe Coalition, gesê.

ZANU-PF het lankal ontken dat hy enigiets met Tshabangu te doen het en verwerp bewerings dat dit ten doel het om ’n eenpartystaat te skep.

Toe algemene verkiesings laas gehou is, het ZANU-PF 10 setels minder as die tweederdemeerderheid in die parlement gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rocco ·

‘n Demokrasie werk nie in Afrika nie. Kiesers se lewensomstandighede sal net verder agteruit gaan. Die in beheer, sal hulself net verder verryk.

Oosieoos ·

Hulle weet nie dat hulle nie weet nie. Vergaan van elende maar ploeg net voort soos skape na a slagpale. SA ook maar presies dieselfde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.