Twee mans was gelukkig genoeg om slegs matige beserings op te doen nadat hulle by ‘n kruidenierswarewinkel in Fourways Mall geval het.
“ER24-paramedici is na die stoor in die winkel geroep toe hulle op die twee werkers op die vloer afgekom het,” het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê. Die mans was glo besig om agt meter bo die grond voorraad uit te pak toe hulle geval het. Een van die werkers het vermoedelik rug-, nek- kop- en borsbeserings opgedoen. Die ander werker het slegs skrape en kneuswonde opgedoen. Beide pasiënte het behandeling op die toneel ontvang voordat hulle na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem is om verdere behandeling te ontvang. Die owerhede sal die voorval ondersoek.