Zol maak jonges se intelligensie boomskraap

Kanadese jeugdiges wat nasionale daggasdag vier.

Navorsers het pas hul bevinding dat daggarook jonges dommer maak, in die vaktydskrif PNAS gepubliseer.

Navorsers het ‘n groep van 1 000 Nieu-Seelanders gebruik wie se IK gereeld gemeet is. Die groep is gevra of hulle op ouderdom 18 reeds dagga gebruik het. Altesaam 52 het aangedui dat hulle op 18 reeds dagga gerook het, en nog  92 dat hulle later eers dagga begin rook het.

Die resultate het aan die lig gebring dat diegene wat op 18 reeds dagga gerook het, se IK’s gedaal het, maar nie die wat later eers begin rook het nie. Jonges wat opgehou het om dagga te rook, se IK’s het ook nie herstel nie.

Die navorsers beveel aan dat ‘n beleid teen daggarook veral op jonges moet fokus.

Onlangs het Russiese navorsers op die liggaam afgekom van ‘n Siberiese prinses wat meer as 2 500 jaar in ys bewaar gebly het. Onder die items wat in die graf gekry is vir die reis na die hiernamaals was ook ‘n sakkie dagga.

Dagga kom waarskynlik oorspronklik uit die Himalajas en is in antieke tye na onder meer China versprei. Aanvanklik is die sterk vesels van dagga meer vir die maak na nette gebruik, en dit is nie heeltemal duidelik wanneer dagga die eerste keer gerook is nie.

Ten spyte daarvan dat 35 000 mense in een jaar in Kanada weens dagga veroordeel is, groei die viering van nasionale daggadag. Op hul webwerf, The origin of Cannabis Day word onder meer “beste kwaliteit daggasaad” geadverteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.