Zuckerberg spandeer miljoene om bure se huise te koop

Mark Zuckerberg, stigter van Facebook

Mark Zuckerberg, stigter van Facebook

Mark Zuckerberg, die stigter en hoof uitvoerende beampte van Facebook, het sowat $30 miljoen (nagenoeg R300 miljoen) spandeer om vier huise langs sy bestaande vyfslaapkamerhuis te koop.

Volgens die San Jose Mercury News het die 29-jarige multimiljardêr besluit om die huise in Palo Alto aan te skaf nadat hy uitgevind het dat ʼn ontwikkelaar glo een van die huise wil koop om ʼn herehuis te bou.

Volgens die berig het Zuckerberg geen plan om ʼn “Taj Mahal” op die eiendomme te bou nie, en hy verhuur tans die eiendomme aan die voormalige eienaars.

Zuckerberg, wie se fortuin tans geraam word op $19 miljard, het glo $14.9 miljoen vir een van die huise betaal wat glo “belaglik baie” is luidens ʼn eiendomsagent wat in die artikel aangehaal word. “Die prys is egter nie só verregaande indien iemand ʼn huis wil koop en die bestaande eienaars nie wil verkoop nie,” het James Yang, die eiendomsagent, gesê.

Palo Alto is een van die duurste stede in Amerika en talle tegnologie magnate, soos Google se stigters Sergery Brin en Larry Page; en Yahoo se hoof uitvoerende beampte Marissa Meyer woon in dié buurt. Steve Jobs, voormalige hoof van Apple, het ook in die buurt gewoon voor sy afsterwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.