President Jacob Zuma het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) opdrag gegee om beweerde onreëlmatighede in die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) te ondersoek.
“Zuma het versoek dat beweringe van ernstige wanadministrasie in verband met die sake van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO), onbehoorlike of onregmatige optrede deur beamptes van die SAPO en onregmatige bewilliging of besteding van openbare geld deur die SOE ondersoek moet word,” het Mac Maharaj, die president se woordvoerder, gesê.
Ander bewerings wat ondersoek moet word sluit wanpraktyke of wanadministrasie in verband met die bestuur van vaste eiendom, opsetlike of nalatige verlies van staatsgeld, skade aan publieke eiendom, die implementering van die WebRipost-stelsel, en lenings wat aan die Courier and Freight Group toegestaan is, in.
“Die SOE sal verdere bewerings van onreëlmatighede met betrekking tot die werwing, keuring en aanstelling van beamptes of werknemers van die SAPO ondersoek asook betalings wat gemaak is deur die SAPO aan fiktiewe amptenare of werknemers, ” het Maharaj gesê.
zumie hulle leer by jou want jy stel die voorbeeld …. Stortkop