Handwerk: My pienk sakkie

Dié gehekelde sakkie is geïnspireer deur Orla Kiely se prettige blomontwerpe. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Orla Kiely is bekend vir haar ikoniese en prettige ontwerpe en ʼn Kiely-liefhebber sal haar werk oral kan uitken. Sy word nie verniet die “koningin van patrone” genoem nie!

Jy hoef egter nie groot bedrae geld op te dok vir ʼn handsak of bykomstigheid met ʼn Orla Kiely-ontwerp nie. Jy kan sommer net ʼn bietjie inspirasie uit haar werk put en jou eie bykomstigheid maak.

Dié gehekelde sakkie, geïnspireer deur Orla Kiely se prettige blomontwerpe, is ideaal om jou aan tapisseriehekelwerk bekend te stel. Skuif daardie oumablokkies waarmee jy besig is eers eenkant en probeer iets nuuts. Die tapisseriehekeltegniek is maklik wanneer jy dit onder die knie het.

Wees dus maar geduldig as dit jou eerste probeerslag is. Onthou, aanhouer wen!

Die patroon vir dié gehekelde sakkie is spesiaal deur Idees-tydskrif beskikbaar gestel aan Maroela Media-lesers. Dit het oorspronklik in Idees se Julie/Augustus 2017-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings en patroon in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.