Paul Kruger

Volle naam: Stephanus Johannes Paulus Kruger

Beroep/Veld: Voortrekker, Soldaat, Politikus en President van die Zuid-Afrikaanse Republiek

Plek van Geboorte: Bulhoek, Kaapkolonie

Aantal jare ervaring: 68

Prestasies: Die Nasionale Krugerwildtuin en Krugersdorp is na hom vernoem, sowel as die Krugerrand munt. Standbeelde van hom staan op Kerkplein in Pretoria en by die Krugerhek van die Nasionale Krugerwildtuin. Talle strate in Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere is na hom vernoem.

Google Hits: 1 020 000

Biografie:
‘Oom Paul’ het van jongs af ‘n besonder hoë intelligensie getoon. Tydens Potgieter-trek neem hy deel aan die  Slag van Vechtkop. Een van die offisiere wat Andries Pretoriusna die Oranje-Vrystaat vir die ondertekening van die Sandrivier-konvensie  vergesel het. Help om die Grondwet van Transvaal van 1858 op te stel. In 1880 word hy verkies as onder-president as deel van die Driemanskap deur die Volksraad en in 1883 die verkose president van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898. In 1900 reis hy na Europa om simpatie en hulp van buitelandse leiers te bekom. Hy sterf in Clarens aan die Geneefse meer, in 1904.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Paul Kruger for president!

Kobus

Oom Paul se plaas se naam was Waterkloof

Kobus

Die Krugerrand is steeds die mees gesogde belleggingsitem ter wêreld.

Cornelius Jansen van Rensburg

Paul Kruger toring uit bo alle ander Afrikaners. As jong man was hy deel van die groot trek en het hy eerstehands die avontuur en hartseer van die Voortrekker-era ervaar, dit was egter die norm vir al sy tydgenote. Dit is nie net sy onbaatsugtige diens teenoor die Transvaal se republiek wat hom laat uitstaan nie maar ook die christelike-waarde gedrewe wyse waarop hy die ZAR se onafhanklikheid verkry en verdedig het. Die wyse waarop Kruger vriend en vyand hanteer het getuig hiervan. Sy versoenende reaksie op die lede van die Jameson inval is ‘n duidelike voorbeeld. Vandag word Nelson… Lees meer »

Die Vrye Fries

Dalk effens oorgewaardeer. Sy administrasie was nie vry van nepotisme nie, en hy het nie op die vlak van ‘n M.T.Steyn tydens die Vryheidsoorlog presteer nie. Maar die geskiedenis was hom genadig. Dalk omdat hy die simbool van sy mense se swaarkry geword het. Hy hoort onder die top 10