‘n Voormalige skolier dagvaar die departement van basiese onderwys en sy voormalige laerskoolonderwyseres vir R4 miljoen vir beserings wat hy in Graad 3 opgedoen en hom glo gestremd gelaat het.
Lees meerAlles vir Maandag 6 Augustus 2012
10de Boeremag-lid skuldig bevind
Boeremagleier Tom Vorster is Maandag aan hoogverraad skuldig bevind.
Volkswagen vier een karretjie se 1 miljoen km
Gerrie Esterhuizen (67), ‘n verkoopsman van Soutpan naby Bloemfontein het reeds 1 miljoen km met sy 2004 Volkswagen Polo afgelê, sonder enige ongeluk of meganiese fout.
Mans vas ná hul agt gesteelde skape in klein bakkie prop
Drie mans is Saterdag in hegtenis geneem nadat agt gesteelde skape, waarvan twee dood was, in hul besit gevind is. Hulle het die skape agterop ʼn klein bakkie vervoer.
Polisieteenwoordigheid opgeskerp ná Saterdag-slagting
Die ANC het ʼn aanval oor die naweek, waarin vyf mense dood en 17 ander beseer is, streng veroordeel en vra die publiek se samewerking om die verdagtes op te spoor.
Ma vas ná sy baba alleen los
ʼn Ma is in hegtenis geneem en gaan van verwaarlosing aangekla word, nadat sy haar vier maande oue baba alleen by die huis gelos het terwyl sy gaan drink het.
Derby-Lewis doen weer aansoek om parool
Clive Derby-Lewis (76), wat lewenslank tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier, Chris Hani, gaan om mediese parool aansoek doen.
Siening van gelykheid wys krake
Vir liberale is die kern van die Grondwet individuele regte, vir linkses is die kern sosiaal-ekonomiese regte en gelykheid. Vir liberale gaan die Grondwet oor die beperking van staatsmag; vir linkses oor die gebruik van staatsmag om gelykheid te bewerkstellig. Gelykheid is die groot strydpunt.
AfriForum vra Openbare Beskermer om “Zumaville” te ondersoek
AfriForum het Maandag ‘n versoek aan die Openbare Beskermer gerig om die regering se besluit om ‘n nuwe dorp van R2-miljard ‘n klipgooi van die staatspresident se tuisdorp te bou, te ondersoek.
1Time-vliegtuig het glo enjinprobleme gehad
Die passasiervliegtuig van die lugredery 1Time wat Sondagaand ʼn noodlanding by die King Shaka internasionale lughawe in Durban moes uitvoer, het glo enjinprobleme gehad.
Padblokkade veroorsaak glo kettingbotsing
Sewe mense, waarvan een kritiek, is Sondagaand tydens ʼn kettingbotsing op die N3-snelweg by die De Hoek Toll Plaza, Gauteng, beseer.
Paul Kruger
Paul Kruger het deurgedring na die Top 10 in ons Grootste Afrikaner-veldtog.
Só kom die rugby toe tot ‘n einde
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby en Olimpiese Spele
Foto: Mars van naby
Nasa het Maandag daarin geslaag het om die Curiosity-kernkragaangedrewe motor veilig op die rooi planeet neer te laat. Curiosity het net na 07:30 op Mars geland.
Londense sakelui trek noustrop met Olimpiese Spele
Eers het Londen-inwoners gekla dat die Olimpiese Spele groter verkeersdruk vir die inwoners tot gevolg sou hê. Nou, geoordeel aan die klaagliedere van vele sakelui, moet Londen amper ‘n spookstad wees en dreig ‘n finansiële krisis vir baie sakelui.
Nuuskommentaar: Humanitêr en humanisme: Die siel van ongelykheid en van omgee
In sy rubriek in Rapport, Siening van gelykheid wys krake, wys die uitvoerende hoof van Solidariteit, mnr. Flip Buys, op die warmerwordende koue oorlog tussen ideologieë in Suid-Afrika.
Man kom op vrou se lyk af
Johan Knoetze (66) het Vrydagaand op die bebloede lyk van sy vrou, Annette, in hul huis in Odendaalsrus in die Vrystaat afgekom.
Polisie skiet rower dood na winkelroof
Die polisie het ‘n rower doodgeskiet nadat hy en twee medepligtiges Saterdagaand ʼn winkel in Waverley, Pretoria beroof en die eienaars aangerand het.
1Time-vliegtuig maak noodlanding
ʼn Passasiervliegtuig van die lugredery 1Time het Sondagaand ʼn noodlanding gemaak by die King Shaka internasionale lughawe in Durban.