Volle naam: Jakob Daniël du Toit
Beroep/Veld: Digter en Teoloog
Plek van Geboorte: Paarl, Kaapkolonie
Aantal jare ervaring: 42 (1911 – 1953)
Prestasies: Afrikaanse digter; Predikant; Verantwoordelik vir die vertaling van die grootste gedeeltes van die Bybel in Afrikaans.
Google Hits: 386 000
Biografie:
Digter en Teoloog. Totius maak die Anglo-Boereoorlog mee. Hy studeer daarna Teologie by Daljosafat (Hugenote-Gedenkskool) te Burgersdorp en verwerf etlike jare daarna sy doktersgraad in Teologie aan die Vrye Universiteit van Amsterdam. Hy word en bly ʼn gesiene Afrikaanse digter. Hy vertaal die grootste gedeelte van die Bybel in Afrikaans. Onder die skuilnaam Totius het hy gedigte geskryf, meestal oor sy liefde van mens, natuur en die konflikterende ideologie van Britse imperialisme en Afrikaner nasionalisme.
Skakels:
- Wikipedia
Ek wens daar was meer digterlike teoloë
Hou ook in gedagte hy het 9 doktergrade gehad. Verder het hy kort na dat hy sy dogter en seun aan tragiese gebeurlikhede verloor het Psalm 100 omdig. Hoe ongelooflike geloof om ‘n Juig Psalm te omdig na die tragiese dood van jou 2 kinders. Hierdie man verdien respek vir al sy wondelike bydraes tot ons volk se kultuur, geloof en taal!