Vandag se sportnuus

Rohit Sharma het 176 lopies teen die Proteas geslaan. (ANI Photo)

Krieket:

Faf du Plessis en sy Protea-boulers kry die wind van voor in die eerste toets teen Indië.

Rohit Sharma en Mayank Agarwal het die futlose boulers ordentlik gestraf en ’n openingsvennootskap van 317 geniet.

Keshav Maharaj het uiteindelik van Sharma (176) ontslae geraak. Die jongste beskikbare telling is 324/1 met Agarwal (137*) en Cheteshwar Pujara (6*) voor die paaltjies.

Rugby:

  • Die Springbokke speel môre om 11:45 teen Italië in hul derde wedstryd by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan.

Rassie Erasmus het sy grootste voorspelers vir die kragmeting gekies met Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Franco Mostert, Lood de Jager en RG Snyman almal in die span.

  • Tans speel Fidji en Georgië teen mekaar en die jongste telling is 24 – 10 in die eilandmanne se guns.
  • Later vandag sal Ierland en Rusland om 12:15 kragte meet.
  • Bepalings vir die naweek: Springbokke teen Italië (Vrydag om 11:45); Australië teen Uruguay (Saterdag om 07:15); Engeland teen Argentinië (Saterdag om 10:00); Japan teen Samoa (Saterdag om 12:30); Nieu-Seeland teen Namibië (Sondag om 06:45) en Frankryk teen Tonga (Sondag om 09:45).
  • Die Cheetahs en die Kings is Saterdag in Pro14-aksie gewikkel. Die Kings speel om 14:00 tuis teen Munster, terwyl die Cheetahs om 18:15 teen Munster in Bloemfontein speel.

Netbal:

  • Die talentvolle jong senter oor wie Maroela Media vroeër berig het, Sne Mdletshe, is as die Universiteit van die Vrystaat se junior sportvrou van die jaar aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Maroela Media ek weet dit was net n tikfout maar die Cheetahs speel teen Ulster as ek reg kan onthou!! Dankie vir puik beriggewing elke dag!

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Hennie

Baie dankie vir jou terugvoer en ondersteuning. Ons het die tikfout reggemaak en die berig behoort nou reg te vertoon.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.