Woord: mansjet

Argieffoto (Foto: Michael Morse/Pexels)

Woord:
mansjet

Betekenis:
1 Gestikte, omgevoude of los gedeelte aan die einde van die mou van ʼn hemp, bloes of soortgelyke bokledingstuk, dikwels van dubbele materiaal; sinonieme mouboordjie, mouomslag; handboordjie (verouderd), mousboordjie (minder gebruiklik): Breë, dubbele, gepypte, gestyfde, kelkvormige, nou mansjette. ≈ Die verloofde, … pragtig in sy nuwe klere, met sy wit stywe boordjie, sy groen das, … die wit mansjette van sy hemp, waaruit twee rue en rooi hande … te voorskyn kom (B. Gemser, vert.: Nieu-Hebr. Kortverh., 1933, 28).  Hy (steek)… sy arm uit na die boeke wat op die tafeltjie… lê, sy benerige polsgewrig vir ʼn oomblik sigbaar onder die mansjet (K. Schoeman: Ander Land, 1984, 22).  Ek het my splinternuwe somerpak aan… my skoene blink… en my spierwit mansjette steek driekwart duim by my baadjiemoue uit (P.H. Nortje: Son, 1967, 127).
2 (geneeskunde) Opblaasbare band wat ʼn liggaamsdeel of ʼn buis omring: ʼn Hol mansjet, wat om die bo-arm gedraai word, word vinnig opgepomp… totdat die druk in die mansjet hoër is as die verwagte sistoliese bloeddruk (Ens. v.d. Wêreld 2, 1971, 384).  Die mees effektiewe metode om die getyvolume te vermeerder is met ʼn meganiese respirator wat ʼn intermitterende positiewe druk uitoefen… langs ʼn… trageostomiebuis met opblaasbare mansjet (Geneesk., Jun. 1962, 167).

Bron: WAT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.