ʼn Alle-terreinband vir avontuur-entoesiaste

Apterra AT2 (Foto: Apollo Tyres)

Apollo Tyres het twee jaar gelede die alle-terreinbandbedryf stormgeloop met die bekendstelling van die Apterra AT2-band. Hierdie band komplementeer Apollo se reeds indrukwekkende reeks bande aan die passasier- en nutsvoertuigmark.

Ontwerp en ontwikkel spesifiek vir die Suid-Afrikaanse mark het die Apterra AT2-band alle verwagtinge oortref met geharde lekweerstand, hoë noukeurigheidskontrole en uitmuntende traksie op elke terrein. Die band is tydens die bekendstelling in Namibië getoets en met die uitstekende resultate wat verkry is, het Apollo die alle-terreinmark aangedurf.

Tony Yeo, 4X4-legende en eienaar van East Rand 4X4 Training & Tours, het onlangs die volgende te sê gehad oor die AT2-bande: “Vir meer as 40 jaar het ons suidelike Afrika plat gereis. Ons was al byna oral waar ons 4×4’s ons kon vat en het al die bande van ʼn verskeidenheid handelsmerke getoets. Dit is dus met oortuiging dat ek die AT2-bande vir enige 4×4-entoesias kan aanbeveel.”

Yeo sê hy het die afgelope paar jaar vier verskillende 4×4-voertuie gehad, wat elke keer met dieselfde stel AT2-bande die paaie aangedurf het. “Tot dusver het ons net oor die 100 000 km met hierdie stel afgelê. Glo my, hierdie bande is behoorlik op die proef gestel! Die bande is aan uiterste toestande blootgestel, hetsy sagte sand, sneeu, modder, klippe en grondpaaie – letterlik oor berge en in dale en deur riviere en slaggate – met swaar gelaaide voertuie, lang afstande en uitmergelende temperature. Deur dit alles kon dié AT2’s hul man staan. Ons het al vergeet hoe dit is om ʼn band te ruil, want oor die 100 000 km was daar net een só geval.”

Of jy nou ʼn boer of stadsjapie is, avonturier of petrolkop – die AT2-bande sal jou daar kry, voeg Yeo by. Die produkreeks sluit opsies in vir die passasier- en ligte vragmotorkategorie met twee- en drielaag sywanddikte.

Die AT2-bande is ontwikkel vir rowwe, onbekende paaie en Apollo Tyres glo vas dat slegte (of moeilike) paaie tot besonderse herinneringe en beeldskone natuurskoon lei. Apollo-bande sál jou daar kry!

Apollo Tyres is ʼn internasionale bande-vervaardigingsmaatskappy met ʼn voetspoor in meer as 120 lande. Die handelsname, Apollo & Vredestein, word onder die Apollo Tyres-sambreel bemark. Apollo Tyres bied bande in alle marksegmente: passasier-, agri- en agri-implemente, nywerheid en mynbou, asook bus- en vragmotorbande.

Skakel 011 064 0600 vir meer inligting
Of besoek die webwerf: https://apollocatalogue.co.za/

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.