Hoekom is finansiële welstand só belangrik?

geld-finansies-beursie-maatband

Foto: Myriams-Fotos/Pixabay.com

Het jy geweet jou emosionele welstand, fisieke gesondheid en finansies hou ʼn direkte verband met mekaar?

Ronel Jooste, ʼn geoktrooieerde rekenmeester en finansiële welstandafrigter, verduidelik in haar boek Financially Fit and Wealthy wat die verband is en hoekom jy reeds vandag aan jou finansiële onafhanklikheid en vryheid moet, en kan begin werk.

Jooste het ʼn droom om soveel as moontlik Suid-Afrikaanse gesinne met kennis oor finansiële sake te bemagtig sodat hulle finansiële welstand kan verkry. Sy het saam met Helpende Hand ʼn Geldfiksgids ontwerp wat finansiële onafhanklikheid in 12 maklike stappe uiteensit.

Jooste gaan ook oor die nege weke gesels oor verskillende aspekte van finansiële gesondheid wat doelwitte, skuld, spaarwenke en beleggings insluit. Dus, luister gerus na die onderhoud boaan hierdie berig om jou reis na finansiële welstand te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.