Luister: Dít is waarom jou kind moet lees

Foto ter illustrasie. (Foto: Johnny McClung / Unsplash)

Lees is nie net belangrik vir ʼn kind se akademiese ontwikkeling nie, maar ook vir psigiese en persoonlike groei.

In die eerste aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor lees, gesels ons met Christien Neser, jeugromanskrywer en spraakterapeut, oor die voordele van lees.

“Enige opgevoede mens is ʼn mens wat kan lees. As ʼn kind in ʼn stadium van hul lewe kom waar hulle moet kan lees, en hulle nie kan lees nie, het hulle tot ʼn groot mate as mens die doel gemis,” het Christien in Maroela Media se ateljee verduidelik.

“Lees is ʼn voortvloeisel van ʼn baie belangrike ontwikkelingsfase in ʼn kind se lewe.”

In dié podsendingreeks, wat oor ses episodes sal strek, vind ons uit waarom lees belangrik is vir ʼn kind se ontwikkeling, op watter vlak ʼn kind in verskeie ontwikkelingsfases moet lees, wanneer ouers vir hulle kinders behoort te begin lees, wat gebeur wanneer lees nie ʼn rol in ʼn kind se lewe speel nie, en watter invloed veeltaligheid op leesgewoontes behoort te hê.

Hou Maroela Media dop en skakel elke Vrydag vir die volgende ses weke in om saam te luister.

  • Luister boaan die artikel na die eerste episode van Maroela Media en Christien Neser se podsendingreeks oor lees.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.