Luister: Kan velsorgprodukte ons teen veroudering red?

Argieffoto. (Foto: Nati/Pexels)

Kan ʼn salf of serum werklik ons velle voldoende beskerm of is teenverouderingsprodukte net nog ʼn geldmaakklug?

Maroela Media het die hulp van Felicia Keus, ʼn dosent in somatologie aan die Isa Carstens-skoonheidsakademie, ingeroep om dié en talle ander velsorgverwante vrae vanuit ʼn wetenskaplike perspektief te beantwoord.

In die tweede episode van hierdie podsendingreeks verduidelik sy wat die werklike doel van teenverouderingsprodukte en -prosedure is, hoe vroeg hulle ingespan moet word, asook watter bekostigbare velsorgproduk die beste werk om jou vel teen die tekens van voortydige veroudering te beskerm.

Luister hier na die eerste episode waarin sy meer oor ingewikkelde velsorgroetines gesels en verduidelik dat dit noodsaaklik is om te verstaan watter produkte jou vel vereis, of jy nou twee of 20 velsorgstappe wil volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.