Luister: Is ingewikkelde velsorgroetines net ʼn geldmaakfoefie?

Argieffoto. (Foto: Cottonbro Studio/Pexels)

Velsorgroetines bestaan lankal nie meer uit gesigsepies en waslappe nie.

Van reinigers en roompies tot serums en afskilferingsprodukte wat soggens én saans aangewend moet word, laat vandag se velsorgroetines byna klink soos wetenskaplike prosesse en laat talle mense kopkrap oor die beste manier om hulle vel op te pas.

Is ʼn uiters ingewikkelde velsorgroetine met ’n horde stappe nodig om jou vel daagliks op sy beste te laat lyk? Hoe vroeg moet teenverouderingsprodukte ingespan word en is hulle werklik so effektief soos hulle voorgee? Kan mans aanhou staatmaak op daardie een botteltjie in die stort waarmee hulle hulself van kop tot toon was?

Maroela Media het die hulp van Felicia Keus, ʼn dosent in somatologie aan die Isa Carstens-skoonheidsakademie, ingeroep om dié en talle ander velsorgvrae vanuit ʼn wetenskaplike perspektief te beantwoord.

Felicia Keus en Inge Ferreira van die Isa Carstens-skoonheidsakademie. (Foto: Maroela Media)

In die eerste episode van hierdie podsendingreeks verduidelik sy waarom dit noodsaaklik is om te verstaan watter produkte jou vel vereis, of jy nou twee of 20 velsorgstappe wil volg.

Sy sê ook watter produk in elke persoon se badkamerkassie móét wees en verklap watter velsorgprodukte en- toestelle nie volgens haar die geld of moeite werd is nie.

Skakel volgende week in om te hoor of teenverouderingsprodukte ʼn klug is en of dit werklik ons gesigte teen tyd kan beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antie Sarie ·

Mens luister nooit na raad van iemand wat geld maak daaruit nie. Die antwoord is eenvoudig. Ja. Dit is n geldmaakfoefie. Hoe meer rome, olies ens jy gebruik, hoe meer verloor jou vel die vermoë om dit self te vervaardig.

Nommer 7 ·

Antie Sarie, die eerste sin van u kommentaar is so,so,so waar. Dit is presies dit wat ek my kinders teen waarsku. Terloops, olyfolie so twee tot drie maal per week is al wat die vel nodig het. Dit kos R100 tot R150 per liter. Dan ook sonskerm. Dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.