Luister: Kom ons gesels oor huispryse, verbande, lenings en koopkontrakte

“The Property Buying Process in South Africa” het uit Francois Janse van Rensburg se pen gevloei as deel van sy doelwit om dié proses aan eerste kopers te verduidelik. (Foto: Maroela Media)

Hoe weet jy die verkoper se prys vir daardie eiendom waarop jy jou oog het, is geregverdig?

Dit is een van die vrae wat Francois Janse van Rensburg beantwoord in Maroela Media se gesprekreeks wat fokus op eerste huiskopers.

Janse van Rensburg het sy liefde vir die eiendomsmark en ervaring met sy eie eiendomsportefeulje verwerk in die boek The Property Buying Process in South Africa. Só gee hy stap vir stap raad oor hoe om die aankoopproses van jou eerste huis baas te raak.

In vandag se gesprek gesels Janse van Rensburg ook oor die kontrak vir ʼn aanbod om te koop én verduidelik wat die verskil tussen ʼn huisverband en ʼn huislening is.

Luister ook na die podsending boaan hierdie berig om meer hieroor te wete te kom.

  • Luister hier na die vorige gesprekke met Janse van Rensburg in dié reeks.
  • The Property Buying Process in South Africa is deur Lavender Moon Publishing uitgegee. Die boek kan ook direk by Lavender Moon bestel word deur ʼn e-pos aan Stella Opperman na [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.