Luister: Land Cruiser-fees se wiele weer aan die rol

Die Land Cruiser-fees se wiele is weer aan die rol. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaanse Land Cruiser-eienaars gaan vanjaar weer verskeie rekords laat spat by die immergewilde Hankook Land Cruiser-fees en Afrika-rekord, wat van 9 tot 11 September by die Sondela-natuurreservaat buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo aangebied word.

Dié unieke fees is na twee jaar se inperkings weer ten volle op dreef en beloof om nie net pret en vermaak vir Land Cruiser-eienaars en ‑aanhangers te bied nie, maar ook vir die hele gesin.

Die Cruiser-pretaktiwiteite word vanjaar ook uitgebrei en sluit items soos ʼn moddergatgeleentheid, heuwelklim, ʼn kort veldrenbaan, asook die gewilde Cruiser Gravel Drag-geleentheid in. Slegs geregistreerde Land Cruiser-deelnemers sal egter aan dié aktiwiteite kan deelneem.

Suid-Afrikaanse Land Cruiser-eienaars gaan vanjaar weer verskeie rekords laat spat. (Foto: Verskaf)

Gaste kan verder uitsien na ʼn 20 km‑konvooiroete met verversings langs die pad, kindervermaak, buitelewe-uitstallers, kroegfasiliteite, kunstenaars wat optree, helikopterritte, ʼn snuffelmark, warmwaterswembaddens, asook ʼn begeleide sonsondergangrit.

Feesgangers kan vanjaar ook van die boskamp-kampering, asook die toegeruste tente gebruik maak. Alle verblyfversoeke kan direk aan Sondela by www.sondela.com of www.ekspo.co.za gerig word.

  • Koste per Cruiser-registrasie beloop slegs R350 en sluit ʼn geskenksak in.
  • Boskampering beloop R850 vir die naweek en sluit dan die Cruiser-registrasie in (maksimum vier persone word by dié prys ingesluit en beloop daarna R50 per persoon).
  • Toegeruste tente beloop R1 600 en sluit alle nodige kampgeriewe in, gaste hoef net hul klere saam te bring.
  • Registreer nou jou Land Cruiser aanlyn of kontak Tersia by [email protected] of 072 487 0000 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

vuurvliegie ·

Vir die cruiser manne wat bang is hulle verdwaal, volg net die olie streep. Hopelike rehabiliteer hulle die gebied na die sametrek

Jurie ·

Ja Pieter ek wou se vuurvliegie het Land Rover verkeerd gespel in sy kommentaar

Manie ·

Begin maar so teen Woensdag agtermiddag se kant met die 2022 Tata aanstoot Warmbad toe, die 1972 Cruisers ry Vrydag net na 12.

vuurvliegie ·

Manie jy raak deurmekaar met Cruiser en Mahindra.
Mahindra’s is ysters. Karoo bakkies wat kan boer en sand ry.

Kuver ·

Ja die Ford manne se olie strepe wat die vorige naweek ons dorp kom besoedel het hahaha

vuurvliegie ·

Een positiewe ding uit hierdie cruiser saamtrek is dat die petrol garage eienaars lekker smile.
Elke dag word die tanks volgemaak want ‘n cruiser kan net 200km ry op 80L.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.