Luister: Wanneer moet ek vir my kind begin lees?

Foto ter illustrasie. (Foto: Stephen Andrews/Unsplash)

Hoe vroeër, hoe beter. Só sê Christien Neser, spraakterapeut en jeugromanskrywer, oor wanneer ouers vir hul kinders moet begin lees.

In hierdie episode van Maroela Media se podsendingreeks oor lees, vertel Christien ons meer oor die impak van lees op die vroeë ontwikkelingsfases van ʼn kind.

Christien glo dat ouers reeds vir hul kind moet begin lees terwyl hy of sy nog in die baarmoeder is.

“Dit is ʼn bietjie vreemd om net met jou kind te lê en praat, daarom is dit lekker om ʼn boek te lees. Die kind het nie ʼn idee wat jy lees nie, maar hulle hoor jou stem, en dat jou hartklop stadiger word. Hulle weet jy is gemaklik en dat hulle veilig is,” verduidelik Christien in Maroela Media se ateljee.

“Dit is waarom dit belangrik is om reeds vir jou kind te lees wanneer jy swanger is.”

Hou Maroela Media dop en skakel elke Vrydag in om saam na ons ses-episode lange podsendingreeks oor lees met Christien Neser te luister.

  • Luister boaan die artikel na die tweede episode van Maroela Media en Christien Neser se podsendingreeks oor lees.
  • Skakel volgende week in wanneer ons met Christien oor lees en graad 1 gesels het.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.