Die ANC en die maatskappy Ezulweni Investments het ʼn skikking bereik oor die miljoene rande wat die regerende party die maatskappy skuld vir verkiesingsbaniere wat hy in 2019 laat maak het.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Desember 2023
Handwerk: Dekor-idees vir ’n Karoo-Kersfees
Dít was die inspirasie vir hierdie ontspanne familiefees oor Kerstyd.
Jong kuberkraker lewenslank gehospitaliseer oor aanlyn aanvalle
Die 18-jarige kuberkraker is Donderdag gevonnis en die hof het bevind dat die jong man, wat outisme het, vir die res van sy lewe in ʼn beveiligde hospitaal gehou moet word – of tot dokters besluit dat hy nie langer ʼn gevaar inhou nie.
Resep-video: Skemerkelkie vir die vakansie
Geniet hierdie drankie ná ʼn heerlike, lang en warm vakansiedag.
Grootse pogings om diere ná Simonstad-brand te help
Ondanks die hartverskeurende tonele wat inspekteurs op soveel plekke begroet het, het verskeie van die beseerde diere wat die afgelope paar dae gered is, dit wel oorleef.
Vier sterf in Winburg-ongeluk
Die voertuie het Vrydag laatoggend reg van voor gebots.
Reën kan Kersdag plek-plek uitsak
Ná ʼn hele paar snikhete en droë dae in groot dele van die land kan reën dié naweek en moontlik op Kersdag plek-plek tot nat en koeler weer aanleiding gee.
Brande by Simonstad woed voort
Die rampbestuursentrum het ook die hulp van dierewelsynsorganisasies ingeroep om diere na veiligheid te neem of beseerde diere te help behandel.
Fliekresensie: Adam Driver, Penelope Cruz ‘briljant’ in Ferrari-fliek
Selfs al hou jy nie van blitssnelle vuurwaens nie, of jy kan nie die gebrul van renmotors verduur nie, tussenin al die lawaaierige drama ontvou die menslike verhaal van die voortgedrewe Ferrari.
Boer van Ermelo vermoor
Die boer se vrou kon hom geruime tyd nie in die hande kry nie en het die bure gevra om op die plaas te gaan ondersoek instel.
Twee op Hertzogville vas oor skaapkarkasse
Die 19 merino-skape, almal met duidelike brandmerke van die Vrystaatse boer, is by ʼn huis in die Malebogo-township aangetref.
SA argitekte in die buiteland vereer
Hul baanbrekersprojek, The Solar Cell, is bestempel as ʼn “innoverende model” vir alternatiewe hulpbronvoorsiening “wat voorrang gee aan omgewingsbewaring”.
Geen beurtkrag in vanjaar se Kerskous
Suid-Afrikaners kan vanjaar uitsien na ʼn Kersdag sonder beurtkrag.
‘Transitorower’ (op borgtog) wéér vas, wéér borgtog toegestaan
ʼn Vermeende transitorower wat vroeër op borgtog vrygelaat is – onder meer op aanklag van moord en gewapende roof – is weer aangekeer, en weer op borgtog vrygelaat.
Elgar groet internasionale krieket
Die 36-jarige kolwer, wat meer as 5 000 toetslopies – waaronder 13 honderdtalle – in sy loopbaan aangeteken het, sal op 3 Januarie sy laaste toets op die Nuweland-stadion in Kaapstad speel.
Gold One: MRK mag nie ‘rassisme’ by myn miskyk
Gegewe die omstandighede, die diskriminerende opmerkings, doodsdreigemente, vernedering en gewelddadige aanvalle, vra Solidariteit die MRK om ʼn omvattende ondersoek te doen na onderskeidelik die optrede van Amcu en sy meelopers én die optrede van Gold One se bestuur.
Trust moet geld aan Vrystaatse munisipaliteit terugbetaal
Hy meen dat die pogings om geld aan die trust te betaal ʼn eenvoudige strategie is om inwoners uit te buit en hulle van hul swaarverdiende tariewe en belastings te vervreem.
Luister: Wanneer moet ek vir my kind begin lees?
“Dit is waarom dit belangrik is om reeds vir jou kind te lees wanneer jy swanger is.”
Seksklag teen aksieheld Vin Diesel
Diesel se regsverteenwoordiger, Bryan Freedman, sê sy kliënt “ontken die ganse klag uitdruklik” en dat daar bewyse is wat “onteenseglik” die teendeel van die bewerings bewys.
Swaar verkeer na Limpopo verwag
Verkeersbeamptes is op alle groot roetes en by verskeie ander punte ontplooi om die situasie te monitor en enige verkeersopeenhopings te help bestuur.