Vier sterf in Winburg-ongeluk

(Argieffoto: Lucian Alexe /Unsplash)

Vier mense is Vrydagoggend dood en nog een ernstig beseer in ʼn trompop botsing naby Winburg in die Vrystaat.

ʼn Ford Ranger met een insittende was in die rigting van Bloemfontein op pad, terwyl ʼn grys Nissan Lavina van Bloemfontein na Gauteng op pad was, sê kapt. Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die voertuie het mekaar omstreeks 11:25 sowat 20 km buite Winburg – in die rigting van Verkeerdevlei op die N1-hoofweg – reg van voor getref.

“Vier insittendes van die Nissan is dood en ʼn vyfde beseerde is na die hospitaal op Winburg geneem,” sê Thakeng.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.