Luister: Wenke vir eerste huiskopers se soekproses

(Argieffoto: Pixabay)

Het jy geweet daar is 17 entiteite betrokke by die proses om ʼn eiendom aan te koop? Verstaan jy die verskil tussen ʼn deeltitel- en vrystaande (freehold) eiendom?

 Maroela Media gesels weer met Francois Janse van Rensburg, die skrywer van die boek The Property Buying Process in South Africa. Dit is ʼn omvattende gids wat jou sal lei deur dié komplekse koopproses wat ook dikwels uitdagend vir eerste huiskopers kan wees.

Francois gee wenke vir die soekproses van jou eerste eiendom, verduidelik wie almal betrokke is by die aankoop van jou huis en gee meer inligting oor die verskillende soorte eiendomme wat ʼn eerste huiskoper kan aanskaf.

Luister ook na die podsending bo-aan hierdie berig om meer hieroor uitvind.

  • Luister hier na die eerste aflewering in hierdie reeks van vier gesprekke, waar Francois praat oor die koste van huiskoop en verduidelik waarom hy dink ʼn mens moet steeds jou eiendom aankoop.
  • The Property Buying Process in South Africais deur Lavender Moon Publishing uitgegee. Die boek kan ook direk by Lavender Moon bestel word deur ʼn e-pos aan Stella Opperman by [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.