Luister: Wet op Eiendomspraktisyns kan SEB verskerp

konstruksie-bou-boubedryf-siviele-01

Foto: Jacek Dylag/Unsplash

Gerhard van Onselen en Daniel du Plessis, die twee ontleders van Sakeliga, neem die nuwe Wet op Eiendomspraktisyns onder die loep.

Die ontleders meen hierdie wet verskerp die regulering van die eiendomsbedryf op verskeie maniere. Onder meer word die definisie van ʼn eiendomspraktisyn uitgebrei. Op die oog af gaan mense soos eiendomsontwikkelaars nou ook aan dié wet moet voldoen, wat voorheen hoofsaaklik op eiendomsagente van toepassing was.

Voldoening beteken bydraes tot die getrouheidsfonds, onderhewigheid aan die nuwe regulatoriese owerheid en selfs deelname aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as ʼn vereiste om te mag praktiseer.

Laastens bespreek die ontleders die moontlike uitwerking van die wet en spreek ook hul kommer daaroor uit.

  • Luister na Van Onselen en Du Plessis se volledige bespreking van die onderwerp boaan hierdie berig.
  • Hierdie berig en klankgreep is verskaf met die vergunning van Sakeliga of luister Sakeliga se besprekings op Spreaker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Dit is belaglik hoe die anc regiring die land se burgers beheer met n ysterarm. Jy mag nie besigheid doen met wie jy wil nie en ook nie met wat jy wil nie. Aan als word voorwaardes gekoppel waar hulle by kan baat vind. Genoeg om enige mens siek te maak.

Riaan ·

Kan die slim rekenaar mense nie n web blad stig,waarop besighede ,wat glad nie voldoen aan BBBEE,hulle besonderhede kan laai nie. Dit is die besighede wat Ek graag sal steun.
Tyd dat ons white economic empowerment begin.

marous ·

Kaart en transport beteken seker …. toergids winkel en taxi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.