Podlitiek: Alles wat jy van die verkiesing moet weet en regering laat Airbnb sweet

(Foto: Maroela Media)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte deur die vergrootglas na Suid-Afrikaanse nuus en politiek, midde-in die stemtellery wat tans die nuus oorheers.

Soos met enige goeie politieke podsending, praat die span eerstens oor die hoe, wat, en waar van die verkiesing. Hoeveel stempunte was daar? Hoeveel mense was geregistreer om te stem? Watter redes is daar vir die groot verskil tussen die aantal vroulike en manlike stemmers? As jy baie vrae gehad het oor die hele proses terwyl jy so in die ry gestaan het tydens stemdag, sal hierdie insetsel vir jou kosbaar wees.

Volgende loer die paneel, so met die eerste uitslae reeds in die ore, na die finale meningspeilings en -opnames wat verskeie kenners en ontledingsmaatskappye bekendgemaak het. Dit wil vir die span voorkom asof alles maar min of meer dieselfde gaan bly, met ʼn paar interessanthede, soos die resultate in Gauteng, en die onvermydelike koalisies wat plek-plek gaan posvat ná afloop van resultate wat nie ʼn onbestrede wenner na vore bring nie.

Laastens lewer die span kritiek op die sosialisme in Suid-Afrika. Airbnb, ʼn maatskappy wat reis om die wêreld, en ook in Suid-Afrika, makliker en goedkoper as ooit tevore gemaak het, het probleme. Nuwe regulasies van die regering staar hierdie maatskappy in die gesig – iets wat enige vryemarkaanhanger natuurlik dwars in die krop steek.

Maak seker jy weet wat aangaan in die Suid-Afrikaanse politiek. Maak seker jy luister Podlitiek!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wallis ·

Ons kan dstv irrelevant maak deur om self tv programme te begin maak en via sosiale media, youtube te verspry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.