Podlitiek: Die Brendin Horner-optog en Vrystaat se asbesbedrog

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die gespreksprogram Podlitiek kom al vir meer as twee jaar weekliks na Maroela Media-lesers, met spitsvondige kommentaar en analise van die week se nuus- en politieke hooftrekke. Vandeesweek, alhoewel dit nie anders is nie, het ’n meer somber toon as waaraan die gereelde Podlitiek-luisteraar gewoond is.

Die hoofstorie, wat ook die rede vir die meer ernstige episode is, is die spanning wat daar duidelik tans in Suid-Afrika heers tussen sommige faksies, veral met betrekking tot plaasmoorde en ras. Om teen gewelddadige moord te wees, dit is ’n saak waarvoor enige regdenkende mens op te behoort staan. Die uitdaging kom egter in by diegene wat voel dat ’n vreedsame optog en samekoms nie meer genoeg is nie – diegene wat voel dat meer gedoen moet word.

Podlitiek, hierdie week met Paul en Hermann in die stoel, bespreek die spanning wat daar heers tussen om die morele hoë grond te behou, en die frustrasie van die mense aanspreek. Die belangrikheid van vaste beginsels as vertrekpunt, die rol van geloof, en die manier waarop die spel tans gespeel word deur die radikaal linkse kant, en waarom die Afrikaner nie by hul lokval moet inloop nie, word onder meer bespreek.

Hermann gee ’n goeie analise van die manier waarop die ANC histories ’n stryd stry, en die manier waarop hulle histories die morele hoë grond op ’n onregmatige manier afgerokkel het by hul teëstanders. Hierdie werkswyse behoort nou, meer as ooit, van kennis geneem te word.

Podlitiek kyk ook vlugtig na die Vrystaatse behuisingskema en bedrog wat daar gepleeg is, maar hierdie episode handel eksklusief oor die moord van Brendin Horner en die reaksie daarop.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rose ·

Ons moenie in die slaggat trap nie, Malema se hoofdoel is om die blankes te irriteer en kwaad te maak, hy floreer daarop. Hoe meer reaksie hoe meer slaag hy in sy doel. Hy soek aandag, daarom sal hy nooit n kabaal opskop as daar swart vrouens is wat vermoor word deur hulle mans of kerels nie, Hy is soos n lastige vlieg wat jou aanhoud pla, en die dag as jy jou so vererg en jy klap hom, dan klap jy tot sy verlede weg.

4ntj13 ·

Ek hoop ek kan uitsien na volgende week se hofsaak. Dat dit kalm en beheersd gaan verloop. Maar my geestesoog sien ʼn spul rooi-pette nonsies droogmaak. Moord veheerlik. En bloubaadjies wat nie weet wat is reg en wat nie. Wat dalk self rooi pette onder hul helmets dra. Nie-verteenwoordigend.
Mnr Cele sou wys gewees het as hy vir elke groep van sy eie bloubaadjies kon ontplooi. Oorsee hou hulle sulke gevangenes agter koeëlvaste glas of selfs staalhokke tydens verhore. En mense vooraf ingelig van hul plekke in die hof.
Laastens: Daai stukkende mikrofoon klink slegter as my vrotste selfoon-oorfone, dus kon ek 90% niks verstaan nie, jammer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.