Opgestel deur die Podlitiek-span
Ná ʼn welverdiende blaaskans verlede week is die span van Podlitiek terug om die nasionale en internasionale politiek so ʼn klein bietjie vir die luisteraar te ontrafel.
In die ateljee is Ernst van Zyl en Paul Maritz, en hierdie week word (oudergewoonte) oor Panyaza Lesufi gekla, ondersoek word ook ingestel oor wat tans by Sasol aangaan, en berig word gegee oor die dood van Isis se leier, Abu Bakr al-Baghdadi.
Meneer Lesufi het homself so op die Sondag met duistere dinge besig gehou deur ʼn foto te plaas van ʼn Suid-Afrikaanse ondersteuner wat na bewering met ʼn ou Suid-Afrikaanse vlag by die Springbokke se halfeindronde in Jokohama was. Baie vinnig is egter besef dat dit ʼn nuwe Suid-Afrikaanse vlag was waarvan die groen gewoon buite sig was, maar die skade is gedoen en, soos die vlag, het meneer Lesufi met sy plasing op sosiale media gewys wat sy ware kleure is.
Ná ʼn vlugtige kykie na die DA se nuwe leierskap, draai die Podlitiek-span na Sandton, waar die twee hoofde van Sasol, Bongani Nqwababa en Stephen Cornell, se vrywillige bedanking nie so ʼn groot skok vir Suid-Afrika was as wat ʼn mens dalk sou dink nie. Hierdie bedankings kom ná afloop daarvan dat een van Sasol se groot uitbreidings in die VSA tans meer as dubbeld kos om klaar te maak as wat aanvanklik beraam is.
Laastens word gekyk na een van die grootste nuusstories in die internasionale nuussiklus: die dood van Abu Bakr al Baghdadi, die hoof van die terreurgroep Isis. Volgens die Amerikaanse president Donald Trump is al Baghdadi dood toe hy ʼn selfmoordbomtoestel laat ontplof het nadat ʼn Amerikaanse militêre hond hom in ʼn hoek vasgekeer het tydens ʼn klopjag deur die Amerikaanse weermag.
By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Kan daai ou nie vir Lesufi aankla vir naamskending nie????
Met tong in kies se ek dat ou Lefusi is behep met kleur, veral oranje, wit en blou!!!
Lusufi kan flag nie verdra maar verkies om die koliniale taal aan te hang. Verstaan hom nie.
Arme Lesufi, ly aan vervolgingwaansin. Die vorige landsvlag jaag hom dag en nag! Hy sien nou al spoke by die rugby met die vorige landsvlag in Japan!
Lesufi het alweer opgestaan die oggend,en met afgryse gesien hy is nogsteeds swart.