Podlitiek: SEB raak rof, ANC-kaders teiken hof en Mkhize staak entstof

Opgestel deur die Podlitiek-span

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto

In die week se episode ontnonsens Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Daniël Eloff die week se drie grootste nuusstories.

Hermann skop die episode af deur die ernstige foute in die nuwe Wet op Gelyke Indiensneming uit te wys. Die span bespreek hoe swart ekonomiese bemagtiging (SEB) eintlik ʼn wanbenaming is deurdat swart Suid-Afrikaners statisties nie deur die maatreëls bemagtig of opgehef word nie. Sedert SEB in 2005 ten volle ingestel is, word alle Suid-Afrikaners net ál armer en ál meer werkloos.

Die gesprek draai na die vele gebeure rakende die Suid-Afrikaanse regsbank. Daniël bespreek onder meer die onlangse besluit deur die Regterlike Dienskommissie, wat ná 12 jaar uiteindelik bevind het dat John Hlophe, regter-president van die Wes-Kaap, skuldig is aan pogings om ander regters in die Konstitusionele Hof onbehoorlik te beïnvloed.

Hermann beklemtoon dié knyptang-kwessie: Hoewel ons howe ʼn doeltreffende forum is om verandering teweeg te bring, is dit maar net een van vele ander speelvelde waar die stryd van idees gewen moet word.

Ernst sluit die episode af met die derde nuusstorie, naamlik die staking van alle aanskaffing en toediening van die Johnson & Johnson-entstof.

Al hierdie stories en meer in vandeesweek se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.