Podlitiek: Verkiesings moet gebeur, ivermektien goedgekeur en petrolprys klim weer

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Hierdie week is die volle Podlitiek-span weer op hul pos, met ʼn spyskaart vol geprop met plaaslike politiek, virus-nuus, en kritiek teen die staat.

Die eerste onderwerp gaan oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) wat uitspraak gelewer het oor die uitstel van die 2021- munisipale verkiesing. Die OVK hou voet by stuk dat verkiesings wel in 2021 moet gebeur, en die Podlitiek-span oorweeg die meriete, geleenthede, en risiko van hierdie skuif.

Volgende kom ivermektien ter sprake, met AfriForum se hofsaak wat hierdie week opspraak gewek het. Ernst brei uit oor waarom die hof se uitspraak volgens hom ʼn goeie uitspraak was, en Daniël, wat persoonlik by die saak betrokke was, bied aan Podlitiek-luisteraars ʼn eksklusiewe kykie agter die skerms.

Die derde onderwerp is die brandstofprys wat nou rekordhoogtes bereik het. Paul vra of dit reg is dat ʼn owerheid sy kwesbaarstes straf met heffings op heffings en belastings op belastings, wat alles weer gaan neerkom op die verbruiker. Die Podlitiek-span bekla wat in hul mening niks anders is as wreedheid nie.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.